Wit potbrood
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dié brood is volgens die direkte deegmetode. Jy gebruik suurdeeg en die deeg word geknie. So 'n groot potbrood bak ek gewoonlik as ek redelik baie mense het vir 'n braai
- 500 g witbroodmeel
- 250 g koekmeel
- 250 g semolina
- 15 ml sout
- 30 ml suiker
- 2 x 10 g-pakkies kitssuurdeeg
- sowat 400 ml louwarm water
Meng die witbroodmeel, koekmeel en semolina saam in 'n groot mengbak. Voeg die sout, suiker en suurdeeg by. Maak nou 'n holte in die middel van die meel en voeg genoeg louwarm water by om 'n stywe deeg te vorm. Knie die deeg goed vir minstens 10 minute. Smeer 'n klein bietjie olie oor en maak toe met 'n lap. Laat die deeg op 'n warm plek tot dubbel die grootte rys. Knie die deeg af en sit in 'n gesmeerde pot (so 18 cm in deursnee en 8 cm diep). Smeer nou weer 'n klein bietjie olie oor, maak toe met die lap en laat weer tot dubbel die grootte rys. Sit in 'n warm oond teen 180 °C vir 1½ uur.
Hoe weet ek my brood is gaar?
Jy kan natuurlik ná die gewenste baktyd 'n toetspen gebruik, maar ek klop gewoonlik bo-op die brood. As dit 'n hol geluid maak, kan jy seker wees jou brood is gaar.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Beet-potbrood
SARIE KOS Somer 2009/10
Toe een vanmy dogters dié brood sien, was haar reaksie: "Ma, wat is dit met die pienk brood?" Dis mooi en veral lekker gedoop in olyfolie en balsemasyn. 1 groot Brood (25 cm in deursnee en sowat 15 cm hoog) of drie brode van 23 x 13 cm elk
















Kry jou SARIE oral, enige tyd