Witsjokolade-en-lemoenbloeiselkoek

Deur Herman Lensing, SARIE Februarie 2012

Witsjokolade-en-lemoenbloeiselkoek Foto’s: Donna Lewis Galery

Jy kan lemoen-bloeiselwater by die supermark koop.

(8 – 10 porsies)

  • 200 g botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 4 eiers
  • 200 g (260 ml) bruismeel
  • 10 ml lemoenbloeiselwater
  • 100 g witsjokolade, fyngekap

versiersel

  • 200 g witsjokolade, fyngekap
  • 125 ml room

Verhit oond tot 180 °C. Room botter en suiker tot lig en romerig met ’n elektriese menger. Voeg eiers by en meng goed. Voeg bruismeel, lemoenbloeiselwater en sjokolade by. Meng goed. Gooi mengsel in ’n
koekpan van 30 x 20 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Keer uit en laat afkoel.

Versiersel
Smelt sjokolade en room saam oor matige hitte tot gladde mengsel. Gooi oor koek en laat stol. Sny in blokkies en sit voor.

  • Assistent Tanya Pohl

Verwante artikels

  • Donkersjokoladekoek

    Donkersjokoladekoek

    SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 2

    Liesl Herwig van Kaapstad vertel dat sy dié resep by ’n vriendin in londen gekry het.

  • Herman se grootword-sjokoladekoek

    Herman se grootword-sjokoladekoek

    SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 3

    "Niemand kon bak soos my ouma nie. Hier is haar oorspronklike resep. Dis die maklikste en lekkerste een wat ek ken."

  • Karamel-mousse-koek

    Karamel-mousse-koek

    SARIE Februarie 2012

    Dis ’n kombinasie van ’n flan en ’n uitgeholde sjokoladekoek van die Australiese kosghoeroe Donna Hay.

  • Pavlova met ’n twist

    Pavlova met ’n twist

    SARIE Februarie 2012

    Kombineer pavlova met gekoopte koek uit die bakkery, en jy kyk met nuwe oë na dié klassieke nagereg.

  • Sjokolade-fudgekoek

    Sjokolade-fudgekoek

    SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 7

    Eugene Joubert van Pretoria het dié resep vir SARIE KOS ingestuur. Dis so klam dat jy dit sonder versiersel kan eet. Of gebruik gewone botterversiersel.

  • Sjokolade-peerkoek

    Sjokolade-peerkoek

    SARIE Februarie 2012

    Perfek vir dié wat nie van meel hou nie.

Kommentaar