Witsjokolade-yskastert
Foto’s: Donna Lewis Galery
(6 porsies)
- 1 x 200 g-pakkie Marie-beskuitjies
- 80 g botter, gesmelt
- 5velle gelatien
- 100 ml yswater
- 125 ml room
- 250gmascarpone
- sap en skil van 1 suurlemoen
- 100 g witsjokolade, gesmelt
- 260 g suiker
- 160 ml water
- 4eierwitte
- 100 g donkersjokolade, gesmelt
- 250 g vars bessies
Verwerk koekies in 'n voedselverwerker tot fyn. Voeg botter by en meng tot die tekstuur van klam seesand. Voer 'n tertpan van 30 x 20 cmmet die mengsel uit en laat stol in yskas.Week gelatien in yswater tot sag en gooi water weg. Bring room en mascarpone tot kookpunt en voeg sagte gelatienvelle by. Verwyder van hitte en roer tot gesmelt en gladde mengsel vorm.Voeg suurlemoensap en -skil by.Meng gesmelte witsjokolade by. Sit suiker en 160 ml water in 'n mediumgroot pot. Roer tot gesmelt en bring tot kookpunt oor hoë hitte. Klits intussen eierwitte tot sagte punte vorm.Gooi warm suikerstroop stadig by terwyl jy klits en hou aan klits tot mengsel koud is. Vou eiermengsel by roommengsel en gooi in tertkors. Gooi gesmelte donkersjokolade in dun straaltjie oor.Gebruik 'n mes en trek growwe patrone daardeur. Plaas in yskas om te stol. Sit voor saam met vars bessies.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Amandel-appeltert
SARIE Julie 2011
Die Franse praat van frangipane – dis basies gelyke dele botter en amandels wat tot ’n heerlike gladde pasta gemeng word.
-
Crème brûlée-tert
SARIE - Maart 2007
Hierdie tert was ’n eksperiment - en ek sal dit definitief weer maak. Dis ook ’n heerlike nagereg.
-
Franse appeltert
SARIE Julie 2010
Daar is nou genoeg appels in die winkels vir die lekkerny. Ek wys jou stap vir stap hoe jy dit maak - van die deeg tot die vulsel.
-
Herman Lensing blog: SJOKOLADE... Ek kan eenvoudig nie nee sê nie!
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 5
Daar is twee dinge in die lewe waarvoor ek enige iets sal doen, mooi borde en sjokolade. Ek is absoluut verslaaf, versot en mal oor beide hierdie “sondes” in my lewe.
-
Koejawel-en-amandeltert
SARIE KOS Winter 2009
Ek is mal oor ’n tert, veral as daar amandels in is
-
Sjokolade-neutbederf
SARIE - Maart 2011
Dalk het jy, soos ek, grootgeword met dié koekies met Mariebeskuitjies. Hier is my weergawe van die resep.
-
Suurlemoen-meringue-tertjies
SARIE - Maart 2007
Ek dink dié tertjies sal altyd ’n gunsteling vir die meeste van ons bly. Maak een vir elk, en sit dit as nagereg voor.
-
Vinnige piesangtertjies
SARIE - Februarie 2007
Maak sommer ’n hele paar tertjies, want dit is verbasend lig. Ek het 6 tertjies uit een vel deeg gekry
-
Witsjokolade-tert met neutekors en suurlemoenbotter-en-basilietruffels
SARIE KOS April/Mei 2011
















Kommentaar