Witwyn-gestoomde mossels

Deur Herman Lensing, SARIE - Junie 2010

Witwyn-gestoomde mossels Foto’s: Donna Lewis Galery

Geniet saam met tuisgebakte brood of geurige geelrys.

(2 porsies)

  • 30 ml botter
  • 30 ml olyfolie
  • 2 Franse uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 2 groen brandrissies, saadjies verwyder, fyngekap
  • 30 ml koljander, gekap
  • 30 heel mossels, baard verwyder, skoongeskrop
  • 250 ml witwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Smelt botter en olie in 'n warm pot. Voeg uie, knoffel en rissies by. Braai liggies vir 5 minute, of tot lig en deurskynend. Voeg gekapte koljander en skoon mossels by. Gooi witwyn oor. Plaas 'n deksel op die pot en stoom vir sowat 8 - 10 minute, of totdat die mossels oopgaan. Verwyder alle mossels wat toe bly en gooi hulle weg. Sit gaar mossels in 'n bak en gooi die sous onderin die pot oor hulle. Geur goed met sout en swartpeper.

Onthou:

Mossels wat nie oopgaan terwyl jy hulle gaar maak nie, is nie reg om te eet nie. Gooi dadelik weg!

Wenk:

Hoemaak ek mossels skoon?

1. Gebruik 'n skoon kombuisborsel en skrop die mosseldoppe onder lopende water. 2. Trek die baard wat onder die mossel uitsteek met 'n vinnige beweging uit en gooi weg.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

  • Gemarineerde mossels

    Gemarineerde mossels

    SARIE - Oktober 2005

    Jy kan bevrore mossels vir dié gereg gebruik - nie almal is so gelukkig om vars mossels van die rotse te kan pluk nie.

  • Groente-en-seekostempura

    Groente-en-seekostempura

    SARIE KOS - Somer 2007

    Ah! Lang strande, lang someraande en lang kuiers by kosfoendi Arnold Hoon en aktrise Annalise Bosch op Paternoster. Dié bekende paartjie ontdek die kosskatte van die Weskus. Jy moet net aansit ...

  • Kammossels

    Kammossels

    SARIE - Februarie 2008

    Ek weet dis dalk ’n vreemde naam - die Engelse sê scallops. By ons is net bevrore kammossels beskikbaar, maar dis net so lekker. Onthou net, die gereg neem nagenoeg 4 minute om te maak, en dan moet jy dit dadelik voorsit

  • Mossels au gratin

    Mossels au gratin

    SARIE KOS April/Mei 2011

    Dit is heerlik vir 'n voorgereg of selfs as happie saam met drankies.

  • Mossels met roomsous en gremolata

    Mossels met roomsous en gremolata

    SARIE KOS Junie/Julie 2011

    Gremolata is eintlik maar net pietersielie, suurlemoen en knoffel wat saam fyngekap is – dis ’n heerlike kombinasie saam met Weskus-mossels.

  • Seekos-paella

    Seekos-paella

    SARIE - Februarie 2010

    Die lekkerste van die see, vasgevang in een gereg.

Kommentaar