Gesonder wortel-en-pekanneut-muffins
Foto’s: Micky Hoyle Galery
6 – 12 muffins
Porsiegrootte: 1 muffin
- 300 g (535 ml) koekmeel
- 7,5 ml bakpoeier
- 5 ml fyn kaneel
- 5 ml fyn neut
- 2,5 ml sout
- 120 g (150 ml) klam bruinsuiker
- 75 ml gouestroop of heuning
- 125 ml appelpuree
- 175 ml sonneblomolie
- 3 groot eiers, geskei
- 5 ml vanieljegeursel
- 5 ml koeksoda, opgelos in 15 ml kookwater
- 300 g gerasperde geelwortels
- 100 g pekanneute, grofgekap
Verhit oond tot 180 ˚C. Voer muffinpanne uit met bakpapier of papierbakkies en spuit of smeer dit. Sif meel, bakpoeier, speserye en sout saam. Klits bruinsuiker, gouestroop, appelpuree, sonneblomolie en eiergele saam tot glad. Roer vanieljegeursel, opgeloste koeksoda, wortels en pekanneute by eiermengsel. Kombineer twee mengsels. Klits eierwitte styf en vou in. Verdeel deeg tussen panne en vee gelyk. Bak vir 35 tot 40 minute tot goud-bruin en gaar. Haal uit en laat afkoel.
Volrond
Die resep lewer 6 báie groot muffins − met ’n volume van 300 ml elk! Die deeg sal genoeg wees vir 24 standaard-muffins (75 ml elk). Ek gee ’n voedingstof-analise vir 6 en vir 12 porsies; besluit self oor die porsiegrootte.
Suikerkleur
Bruinsuiker gee ’n donkerder kleur, maar witsuiker kan ewe goed gebruik word. Daar’s nie juis ’n verskil in voedings-waarde tussen wit- en bruinsuiker nie.
Wortels
Die gerasperde wortels is met 100 g vermeerder vir meer vesel, geur en klamheid.
Lekker klam
Die gouestroop of heuning en appel-puree help om die muffins klam en sag te hou. Dis nodig omdat 200 ml sonneblomolie weggelaat is om die vetinhoud te verlaag.
Appelsoet
Suiker is met 230 g verminder, maar van die soetheid is vervang met gouestroop en appelpuree.
Vergelyking van voedingstof-analise per porsies
| RESEP | ENERGIE | KOOLHIDRATE | PROTEIENE | VET | CHOLESTEROL |
| 12 muffins | |||||
| Oorspronklik | 2390 kJ | 50,5 g | 5,0 g | 38,8 g | 70 mg |
| Aangepas | 1580 kJ | 40,1 g | 4,6 g | 21,7 g | 52 mg |
| 6 muffins | Energie | Koolhidrate | Proteiene | Vet | Cholesterol |
| Oorspronklik | 4780 kJ | 101,0 g | 10,0 g | 77,6 g | 140 mg |
| Aangepas | 3160 kJ | 80,2 g | 9,2 g | 43,4 g | 104 mg |
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- In samewerking met Hilda Lategan
Verwante artikels
-
Gesonder gekrummelde hoender
-
Gesonder ontbyt-frittata
SARIE KOS Herfs 2010
-
Gesonder turkse lekkers
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Gesondheidsroerbrood
SARIE KOS vir mans 2010
Dié een is amper net so min moeite soos die brood uit 'n sakkie hierbo.
-
Nina se gesonder sjokolade-peperment-tert
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Volkoring-en-dadelmuffins
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Voorkom depressie met 'n gesonde dieet
SARIE - Februarie 2010
Depressie is een van die top-5 toestande waarmee Suid-Afrikaners gediagnoseer word. 'n Onbeheerbare behoefte aan veral soet- en styselkos is dikwels 'n simptoom: soos sjokolade, tjips, koek en ander 'kitskosse'.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd