Wortelkoek
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Die lekkerte is dat dit met volkoringmeel gemaak word.
(1 koek van 23 cm)
- 150 g (270 ml) koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- 5 ml fyn kaneel
- 5 ml fyn neutmuskaat
- 1 ml sout
- 150 g (250 ml)volkoringmeel
- 400 g (500 ml) suiker
- 375 ml sonneblomolie
- 60 ml kookwater
- 4 eiers, geskei
- 5 ml vanieljegeursel
- 200 g wortel, gerasper
- 100 g pekanneute,grofgekap
Verhit oond tot 180 °C. Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel, neutmuskaat en sout saam. Voeg volkoringmeel by. Klits suiker en olie goed saam en voeg kookwater by. Klits eiergele by. Roer mengsel by droë bestanddele in. Vou geursel, wortels en neute by. Klop eierwitte styf en vou versigtig in. Skep in twee gesmeerde koekpanne van 23 cm. Bak vir 45 - 50 minute. Toets met 'n dun pennetjie om seker te maak dis gaar. Versier met roomkaasversiersel en vars lourierblare (as jy wil).
Roomkaas-versiersel
- 500 g (960 ml) versiersuiker, gesif
- 60 ml sagte botter
- 250 g roomkaas
Meng versiersuiker en botter met 'n elektriese menger. Dit sal soos broodkrummels lyk. Voeg roomkaas by en meng goed. Hou in yskas tot benodig
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Engelkoek
SARIE - Maart 2011
Dié koek word net van eierwitte en meel gemaak. Dis baie lig en delikaat.
-
Framboos-kaaskoek-muffins
SARIE KOS Lente 2009
Pure bederf. Spog sommer daarmee vir die lekker, of vir ’n spesiale geleentheid.
-
Kaneel-doughnuts met dik sjokolade-sous
SARIE - Februarie 2010
Daar is iets baie verleideliks aan kos wat jy in sjokoladesous kan doop.
-
O, koek! 'n Realiteitsprogram in 'n bakkery?
SARIE Julie 2010
Ja, dis waar! Discovery Channel (DStv-kanaal 121) se realiteitsprogram Cake Boss is op 12 Julie om 17h30 vir die eerste keer in SA te sien, maar dis reeds 'n internasionale fenomeen.
-
Patat-en-sjokoladekoek
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Die soet van patat is heerlik saam met speserye en donkersjokolade.
-
Pynappel-wortelkoek
SARIE Augustus 2010
-
Soet worteltjies
SARIE - April 2007
Ek het grootgeword met dié resep, en hou van iets soets saam met hoender. Veral saam met spruitkool, omdat dit effens bitter is
-
Wortel-en-pekan-neut-muffins
SARIE KOS Lente 2009
Net so lekker soos wortelkoek!
-
Wortel-en-prei-roomsop (voorgereg)
SARIE - Julie 2007
Tot taamlik onlangs was botterskorsie-sop ’n gewilde voorgereg. Maak nou wortel-en-preisop as voorgereg. Dis ’n heerlike afwisseling.
















Kommentaar