Ystervarkies met koek-uit-die-boks

Deur Herman Lensing, SARIE - April 2010

Ystervarkies met koek-uit-die-boks Foto’s: Donna Lewis Galery

Ek's mal oor ystervarkies en kan nou nog die kerkbasaar s'n proe. Hier is 'n kortpad-manier met Ina Paarman se sjokoladekoek.Dis belangrik om die koek in warm stroop te doop sodat genoeg van die stroop intrek.

(20 ystervarkies)

  • 2 bokse Ina Paarman's Kitchen Chocolate Cake Mix
  • 60 ml kakao
  • 375 ml water
  • 600 g (750 ml) suiker
  • 15 ml botter
  • 5 ml vanieljegeursel
  • fyn klapper om koek in te rol

Verhit oond tot 180 °C.Volg aanwysings op boks, maar gooi die mengsel van albei koeke saam in 'n gesmeerde pan van 25 x 35 cm. Bak vir 60 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel. Gooi die res van die bestanddele behalwe die klapper in 'n pot en bring tot kookpunt. Kook vir 3 minute. Sny koue koek in 4 cm-blokke. Doop een op 'n slag 'n minuut lank elk in die warm stroop en rol dan in die klapper. Laat afkoel en sit voor.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

Kommentaar

  • dit klink belowend

    6de Apr. 2011, 17:06