FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

#SARIESondag

Herman se wenke vir ’n gemaklike #SARIESondag

Wanneer Sondag hier is, wil ons rustig met familie en vriende kuier. Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag!

Wat is die week op die spyskaart? Lees hier!

1. Hou die stysel op jou spyskaart min. Ek verkies net een styselgereg: dis gesonder!

2. Moenie groente oorgaar maak nie, stoom of braai dit net lank genoeg sodat dit bros en gaar is.

3. Vermy onnodige skottelgoed. Bedien sommige van jou geregte in die potte waarin jy dit gekook het. Potte is net so mooi soos grênd opskepbakke.

4. Kry die familie of gaste om die kuiertafel te help dek. Só voel elkeen hy is deel van die kuier.

5. Moenie oor politiek, geloof of geld aan tafel praat nie! Jy wil lekker lank en sonder ’n stryery kuier.

Geniet julle #SARIESondag!

Groete
Herman

FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Kry die week se spyskaart hier!