#SARIESondag

Jou eerste spyskaart vir #SARIESondag

Waaraan dink jy as jy ‘Sondag’ hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Só dink ons ook by SARIE, en oor die volgende paar maande gaan ons jou met elke SARIE KOS en weekliks op SARIE.com bederf met ’n spesiale Sondagmiddagete-plan. Van A – Z!

Dis die eerste week van ons opwindende nuwe reeks, en soos beloof, deel ons vandag die spyskaart en inkopielys om jou #SARIESondag solank te beplan.

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Desiré Gardner, wat deesdae in Suidooster speel, oor háár Sondagherinnering.

Blaai deur die galery vir die resepte vir jou eerste #SARIESondag.

Sampioenroomsop met gevulde sampioene

Kry die resep HIER

Vinkelvarklies met brusselse spruite

Kry die resep HIER

Aspersie-en-pampoenslaai

Kry die resep HIER

Aartappelgebak met bros laag

Kry die resep HIER

Pekanneutpoeding met karamelsous

Kry die resep HIER

Môre is dit tyd om te dink oor jou tafel. Ons gee raad, wenke en ’n maklike stap-vir-stap-video om ’n tafel te skep wat by jou spyskaart pas. Plus die week se spesiaal ontwerpte spyskaart wat jy kan uitdruk.

Inkopielys

Vleis
250 g strepiespek (streaky), 1,6 kg varklies op die been (pork belly)

Suiwel
400 g chevin-bokmelkkaas, 3 wiele fetakaas, 2 x 250 ml room

Kruie en geur
hand vol vars basiliekruidblare, 15 ml vinkelsaad, 20 ml anyssaad, 12 takkies vars tiemie

Vars vrugte en groente
4 groot bruin sampioene, 500 g portabellini-sampioene, in kwarte gesny, 1 x 300 g-sakkie vars Brusselse spruite, 8 skywe (800 g) pampoen, sonder pitte maar met skil, 200 g vars aspersies, 80 g blare van jou keuse, 1 lemoen, 10 groot aartappels

Ander
200 g pekanneute, 165 g vanielje-fudge

Reeds in jou spens

Botter, melk, eiers, sout en peper, kanola-olie, olyfolie, vanieljegeursel, uie, knoffelhuisies, hoenderaftreksel, witwyn-asyn, heuning, sagte bruinsuiker, bruismeel