#SARIESondag

Dié #SARIESondag vier ons met ’n aardse kuier

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Só dink ons ook by SARIE, en oor die volgende paar maande gaan ons jou in elke SARIE KOS en weekliks op SARIE.com bederf met ’n spesiale Sondagmiddagete-plan. Van A – Z!

In dié aflewering van ons opwindende nuwe reeks deel ons vandag die spyskaart en inkopielys sodat jy solank jou #SARIESondag kan beplan.

Dié week se #SARIESondag gaan oor tradisie met ’n twist! Soos net die ene Herman Lensing dit kan doen … Vergeet van die gewone sop en brood en probeer bietjie iets anders. Wat van koue vrugtesop? En nie net nóg ’n lamsboud nie, maar ‘n nuwe pastei met anderste aartappels as die gewone. Vir nagereg is daar pannekoek-koek en suurlemoen-en-kaneelroomys.

Hierdie Sondag se spyskaart verg ‘n bietjie meer moeite, maar ons help jou met al die beplanning om dit vir jou en jou geliefdes ekstra spesiaal te maak…

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Marcel van Heerden, wat in Suidooster speel, oor sy Sondagherinnering.

Blaai deur die galery vir die resepte vir jou eerste #SARIESondag.

Koue spek-en-spanspek-sop

Kry die resep hier

Parmesaan-broodstokkies

Kry die resep hier

Lamspastei-rol

Kry die resep hier

Aartappel-krokette

Kry die resep hier

Pannekoek-koek

Kry die resep hier

Kaneel en suurlemoen roomys

Kry die resep hier

Môre is dit tyd om te dink oor jou tafel. Ons gee raad, wenke en wys in ’n maklike stap-vir-stap-video hoe om ’n tafel te dek wat by jou spyskaart pas. Plus die week se spesiaal ontwerpte spyskaart wat jy kan uitdruk.

Inkopielys

Vleis
250 g gerookte strepiespek (streaky bacon), 1,25 kg lamsnek, in skywe gesny

Suiwel
250 ml ongegeurde jogurt, 375 ml vars room, 2 liter vanieljeroomys

Kruie en geur
20 g koljander, 30 g groenertjie-spruite

Vars vrugte en groente
2 groot spanspekke, 1 rooi-ui, 2 rooi brandrissies, 2 uie, 400 g kersietamaties, 3 ryp perskes, 2 aartappels, 250 g bruin sampioene, 275 g vars frambose, 2 suurlemoene

Ander
Koekmeel, 10 g kitsgis, 45 ml gerookte paprika, bakpoeier, 80 ml kersie-asyn, 500 ml rooiwyn, 500 ml lamsaftreksel, 500 ml hoenderaftreksel, 1 x 400 g-blik tamaties, 8 velle fillodeeg, 150 g broodkrummels, 750 ml kanola-olie, 600 g donkersjokolade, 150 ml gekoopte sjokoladesous, 30 ml fyn kaneel, 2 heel kaneelstokke

Reeds in jou spens

Hout-kebabstokkies, botter, melk, eiers, sout en peper, kanola-olie, olyfolie, vanieljegeursel, uie, knoffelhuisies, hoenderaftreksel, witwynasyn, heuning, sagte bruinsuiker, strooisuiker, bruismeel, tamatiesous, worcestersous, blatjang, sojasous

Kry die nuutste SARIE KOS hier.

sarie kos pavlova vinnige kos