#SARIESondag

Jou tweede spyskaart vir #SARIESondag

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Só dink ons ook by SARIE, en oor die volgende paar maande gaan ons jou met elke SARIE KOS en weekliks op SARIE.com bederf met ’n spesiale Sondagmiddagete-plan. Van A – Z!

Dis die tweede week van ons opwindende nuwe reeks, en soos beloof, deel ons vandag die spyskaart en inkopielys om jou #SARIESondag solank te beplan.

Somer en son is sinoniem in Suid-Afrika – en natuurlik ook braaivleis. Geniet die laaste somerson voor die winterkoue met ons is.

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan, lees HIER en luister ook wat sê Desiré Gardner, wat deesdae in Suidooster speel, oor háár Sondagherinnering.

Blaai deur die galery vir die resepte vir jou eerste #SARIESondag.

Kammossels en kebabs

Kry die resep hier

Kebabs van ribsteak en spek

Kry die resep hier

Hoenderdye-kebabs

Kry die resep hier

Aartappelslaai op 'n stokkie

Kry die resep hier

Klapperbroodjies

Kry die resep hier

Môre is dit tyd om te dink oor jou tafel. Ons gee raad, wenke en ’n maklike stap-vir-stap-video om ’n tafel te skep wat by jou spyskaart pas. Plus die week se spesiaal ontwerpte spyskaart wat jy kan uitdruk.

Inkopielys

Vleis
1 chorizowors van 225g, 6 ribsteaks van so 3 cm dik, 3 x 250 g-strepiespek (streaky bacon), 15 ontbeende hoenderdye, sonder vel, 8 velle prosciutto

Seekos
16 kammossels (scallops)

Suiwel
500 ml Bulgaarse volroom-jogurt | 1 liter roomys van jou keuse

Kruie en geur
1 brandrissie, 20 g pietersielie, 2 cm-stuk gemmer, 4 suurlemoene, 20 g basiliekruid-blare, dille, agurkies

Vars vrugte en groente
400 g rou aspersies, 500 g baba-aartappels, 1 rooi-ui

Ander
170 g (500 ml) fyn klapper, 100 g pistasieneute, fyngekap

Reeds in jou spens

Hout-kebabstokkies, botter, melk, eiers, sout en peper, kanola-olie, olyfolie, vanieljegeursel, uie, knoffelhuisies, hoenderaftreksel, witwyn-asyn, heuning, sagte bruinsuiker, strooisuiker, bruismeel, tamatiesous, worcestersous, blatjang, sojasous

Kry die nuutste SARIE KOS hier.

sarie kos pavlova vinnige kos