20150605-591A3883-Edit1
#SARIESondag

NUUT! SARIE maak Sondagmiddagetes maklik met #SARIESondag

Waaraan dink jy as jy ‘Sondag’ hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Só dink ons ook by SARIE, en oor die volgende paar maande gaan ons jou met elke SARIE KOS en weekliks op SARIE.com bederf met ’n spesiale Sondagmiddagete-plan. Van A – Z!

S Sondag header

Vra wat is só Afrikaans en net so Suid-Afrikaans, en ons sê dis Sondagmiddag-etes! Om ’n lang tafel met vriende en geliefdes, of dalk net julle twee om ’n knettervuurtjie.

Vir die volgende paar maande gaan ons jou weekliks op SARIE.com bederf met ’n maklike A-Z-plan vir ’n spesiale Sondagmiddagete. En elke Vrydag sal jy als saam in ’n #SARIESondag-nuusbrief kry: die resepte en spyskaart, ’n video van die tafeldek-idee, plus wenke en idees van ons kosredakteurs. Sáám gaan ons onthou en nuwe herinneringe om Sondagmiddag-etes skep. Kom kuier saam!

Resepte comp1

DÍT KRY JY OP SARIE.COM

• Kry jou nuwe spyskaart vir die Sondagkuier saam met ’n inkopielys.

• ’n Spesiaal ontwerpte spyskaart wat jy kan uitdruk.

• Tyd om te dink oor jou tafel. Ons gee raad, wenke en ’n maklike stap-vir-stap-video om ’n tafel te skep wat by jou spyskaart pas.

• Kyk uit vir die SARIE KOS-span se wenke en raad!

DÍT KRY JY IN SARIE KOS

Die storie

Ons skop ons #SARIESondag-spyskaart af in SARIE KOS.

Die tafel

Sondag is sinoniem met ’n mooi gedekte tafel. Ons gee wenke om jou tafel spesiaal te laat lyk. Ons sê ook waar jy die mooiste tafelbykomstighede kan koop.

Om te drink

Wonder jy wat om te drink? Ons wynskrywer Jeanri-Tine van Zyl kies wyne wat by dié spyskaart pas.

Kry dié week se spyskaart HIER