#SARIESondag

Ons braai vir #SARIESondag

Vra wat is só Afrikaans en net so Suid-Afrikaans, en ons sê dis Sondagmiddagetes! Om ’n lang tafel met vriende en geliefdes, of dalk net julle twee om ’n knettervuurtjie.

Vir die volgende paar maande gaan ons jou weekliks op SARIE.com bederf met ’n maklike A-Z-plan vir ’n spesiale Sondagmiddagete: die resepte en spyskaart,’n video van die tafeldek-idee, plus wenke en idees van ons kosredakteurs. Sáám gaan ons onthou en nuwe herinneringe om Sondagmiddagetes skep. Kom kuier saam!

Blaai deur die galery vir die week se #SARIESondag-resepte:

Oornagbrood

Kry die resep hier

Chorizo-mossels

Kry die resep hier

Lamsribbetjies met koljander en bruin asyn

Kry die resep hier

Hoenderdy-kebabs met prosciutto en basiliekruid

Kry die resep hier

Tamatie-mielie-en-spekslaai

Kry die resep hier

Platgedrukte aartappels met parmesaankaas-gremolata

Kry die resep hier

Rooi fluweel-doughnuts gevul met vla

Kry die resep hier

Jou spyskaart en inkopielys

Laai jou spyskaart HIER af.

Sondag Braai Spyskaart

Laai jou volledige inkopielys af as ’n JPEG.

Idees vir die tafel

1. Skep ’n aardse gevoel deur ruwe houtstompe in die middel van jou tafel te pak. Die stompe kan jy ook gebruik om jou warm potte op te sit as jy klaar gebraai het – dit sal jou tafel beskerm.

2. Gebruik groot bruin borde wat pas by die tema van die braai. Skep tekstuur deur klein borde op die kant van jou groot bord te plaas sodat dit half in die lug hang.

3. Plaas messe en vurke op die teenoorgestelde kant van die kleinbordjie. Jy kan ook dit vasbind met ruwe stukke tou vir ekstra tekstuur.

4. Vou lapservette in lang stroke en plaas onder die kleinbordjie – maak seker jy gebruik baie tekstuur vir jou kuiertafel.

SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, deel sy wenke om die beste #SARIESondag te hê. Lees hier!