KKNK tafel karoo paasfees
#SARIESondag

#SARIESondag – hier is jou wenke

Dis hier: ons eerste ‪#‎SARIESondag‬! My lamsboud is reeds stadig in die oond oornag gerooster sodat hy ekstra sag en sappig is, nou net tyd vir die bykos. Hier is my 5 #SARIESondag-wenke vir die week:

1. Hou die stysel op jou spyskaart min, ek verkies net een: dis gesonder! Braai aartappels of rys – nie nodig vir albei nie.
2. Moenie groente oorgaar maak nie, stoom of braai dit net lank genoeg sodat dit bros en gaar is.
3. Vermy onnodige skottelgoed. Bedien sommige van jou geregte in die potte waarin jy dit gekook het. Potte is net so mooi soos grênd opskepbakke.
4. Kry die familie of gaste om die kuiertafel te help dek. Só voel elkeen hy is deel van die kuier.
5. Moenie oor politiek, geloof of geld aan tafel praat nie! Jy wil lank kuier sonder enige gevegte!

Geniet julle #SARIESondag!

Groete
Herman

Só vier ons #SARIESondag

Dít is wat Suidooster-aktrise Desiré Gardner

Jou spyskaart & inkopielys

Kyk ook na ons video’s vir ‘n idee om jou tafel te dek!