#SARIESondag

Wenke vir jou fynbos geïnspireerde #SARIESondag

Dié week kuier ons om ’n gedekte tafel met fynbos en ’n warm aardse gevoel. Ons spyskaart is geïnspireer deur klassieke kombinasies van sop & brood, lam & aartappels en pannekoek met kaneel-en-suurlemoenroomys. Als met ’n vernuwende SARIE twist!

As jy wonder waaroor al die bohaai gaan,lees HIER en luister ook wat sê Marcel van Heerden, wat in Suidooster speel, oor sy Sondagherinnering.

Tanya Fourie, SARIE.com se kosredakteur, deel haar wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag:

  • Beplan jou spyskaart vooruit. Die spyskaart verg bietjie ekstra moeite en dit sal jou voorbereiding baie vergemaklik as jy jou beplanning reg het.
  • Lees deeglik deur al die resepte. Baie van die voorbereiding kan jy reeds die dag voor die tyd doen.
  • Dek jou tafel die aand vooraf of vra ’n geliefde i om die tafel te dek terwyl jy kook.
  • Neem kortpad met winkelroomys.

Kry dié week se spyskaart HIER.

Dek jou tafel só

Hier is jou pragtige spyskaart wat jy kan aflaai en uitdruk

Aardse Sondagmiddagete Spyskaart

 

En luister wat sê die talentvolle Marcel van Heerden oor sy Sondagherinninge!

Waaraan dink jy as jy “Sondag” hoor? Bes moontlik aan familie en vriende en ’n heerlike bord kos. Daarom het ons begin met #SARIESondag! Lees meer oor ons veldtog.

Sariesondag suidooster