sk1106burger_10_
#SARIESondag

Wenke vir jou lente-lekker #SARIESondag

In ’n wêreld wat soms te vinnig beweeg, kan ons Sondae tyd neem om saam met geliefdes te kook en te kuier. 

Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag!

Wat is die week op die spyskaart? Lees hier!

#1 Versier jou tafel. Groepeer bondels goedkoop kerse saam in leë glasvlesse. Gebruik takke en vrugte uit jou tuin om tekstuur te skep en ook die organiese element in te bring.

#2 Hou dit eenvoudig. Tradisionele Sondagtafels is bekend vir lamsboud en geroosterde hoender. Tuisgemaakte hamburgers is net so lekker vir ’n gemaklike kuier met vriende en familie en sny jou begroting met ’n hele paar rande!

#3 Lig en lekker vir poeding. Jogurt panna cotta is die perfekte manier om ’n swaar ete af te rond met iets vars wat nie te ryk is nie, maar tog dekadent vir nagereg.

FOTO  Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Kry die week se spyskaart hier!