20150213-_16A1298
#SARIESondag

Wenke vir jou #SARIESondag-braai

In ’n wêreld wat soms te vinnig beweeg, kan ons Sondae tyd neem om saam met geliefdes te kook en te kuier. Hierdie week braai ons vir #SARIESondag, maar die lekkerste geheim is eintlik die bykosse …

Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag!

Wat is dié week op die spyskaart? Lees hier!

FOTO: Micky Hoyle | SARIE KOS Desember 2015 / Januarie 2016

FOTO: Micky Hoyle | SARIE KOS Desember 2015 / Januarie 2016

 

#1 Hou jou ontbyt klein as jy weet jy gaan groot kook! Iets soos Bircher-muesli met vars vrugte en heuning is perfek, want jy kan dit reeds die aand voor die tyd maak. (Klik hier vir ’n maklike muesli-resep).

#2 Wie kan nee sê vir vars warm brood? As jy nie jou eie kan of wil bak nie, vat kortpad met winkeldeeg. Laat dit soos tuisgebakte brood lyk deur dit genoeg te laat rys voor jy die brood bak. Bak dit in ’n gietysterpot vir daai donker korsie soos artisan-brood.

20150213-_16A1356

’n Braaivleis-tafel kan soms ’n bietjie grênd ook wees! Hier het SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, tafel gedek met blou, koper, kristal en lapservette.

 

#3 Niemand hou van skottelgoed was nie. Kyk by jou naaste partytjiewinkel vir mooi stewige papierborde en papier-eetgerei, dit lyk baie mooi en jy kan dit weggooi (jy kan selfs jou hele tafel ’n papiertema gee).

#4 Sluit jou Sondagete af met goeie brandewyn wat jy voorsit saam met bitter donkersjokolade en springmielies. Dis baie eenvoudig maar sal sorg vir nog ure se kuier terwyl die son sak.

#5 Hier is nóg 5 bykos-resepte – spesiaal vir banters!

Kry die volledige spyskaart én wenke vir die tafel HIER.