FOTO: Micky Hoyle | SARIE KOS Desember 2015 / Januarie 2016

FOTO: Micky Hoyle | SARIE KOS Desember 2015 / Januarie 2016

#SARIESondag

Wenke vir jou #SARIESondag

Vir dié week se #SARIESondag gee ons jou nuwe idees vir ’n gemaklike Sondagmiddagete saam met vriende en familie. Wat is nou meer sinoniem met somer in Suid-Afrika as braaivleis? Geniet die laaste van die somerson en onthaal jou geliefdes saam met SARIE.

Hier is my wenke vir jou Sondagbraai – als op ’n stokkie!

• Onthou om jou stokkies oornag in koue water te week sodat dit nie vlam vat oor die kole nie.

• Dek jou tafel vroegtydig, anders is dit ’n geskarrel net voor jou gaste kom.

• Marineer jou vleis al die aand voor die braai. Hoewel ons resep dit nie vereis nie, maak dit jou voorbereiding bietjie makliker en dis dan 2 geregte waaroor jy jou nie verder hoef te kommer nie.

• Kry die kinders om jou te help aartappels op die stokkies ryg, veral as hulle bietjie ouer is. Doen dit net onder toesig, sodat niemand seerkry nie.

• Bak die klapperkoekies al die dag voor die tyd en bêre in ’n lugdigte houer tot benodig.

• Skink ‘n glas van jou gunsteling-wyn en sit agteroor terwyl iemand anders die braaiwerk doen!

Geniet die dag – lekker kook en eet!