FOTO Mickey Hoyle

FOTO Mickey Hoyle

#SARIESondag

Wenke vir ’n witwarm #SARIESondag

Met dié week se #SARIESondag kry ons inspirasie uit die winterlandskap om ons. Al die kosse is wit – soos die sneeuDie spyskaart verg bietjie ekstra moeite, maar met goeie beplanning en die wenke hieronder, bly dit steeds lekker maklik.

As jy wonder waaroor al die bohaai van #SARIESondag gaan, lees HIER.

Tanya Fourie, SARIE se web-kosredakteur, deel haar wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag:

• Dek jou tafel met alles wat wit is … Indien jy nie baie ornamente het nie, kan jy ook uit jou tuin ’n paar wit blomme pluk en daarmee versier.

• Berei die aartappel-krokette vooraf tot waar dit in die krummels gerol word en plaas oornag in yskas. Diepbraai Sondag voor ete.

• Berei die nagereg al die vorige dag voor om te verseker dit het tyd om oornag te stol. Só spaar jy ook vir jouself moeite op die dag van die kuier.

• As jy met kruie kook en die resep vra vir vars kruie, maar jy het net gedroogde kruie, moenie dit net so met dieselfde hoeveelheid droës vervang nie. Die smaak van gedroogde kruie is baie sterker en intenser as dié van vars kruie.

FOTO: Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Kry die volledige spyskaart én wenke vir die tafel HIER.