#SARIESondag

Wenke vir #SARIESondag – Vadersdag!

Met #SARIESondag kuier ons lekker saam met familie en vriende. Ons dra dié week ons spyskaart op aan al die pa’s in die land. Want wat is nou meer sinoniem met Suid-Afrika as ’n kuier om die braaivleisvuur! 

Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, deel sy wenke vir ’n suksesvolle #SARIESondag

• Hou jou ontbyt klein as jy weet jy gaan groot kook! Iets soos Bircher-muesli met vars vrugte en heuning is perfek, want jy kan dit reeds die aand voor die tyd maak. (Klik hier vir ’n maklike muesli-resep)

• Wie kan nee sê vir vars warm brood? As jy nie jou eie kan of wil bak nie, vat kortpad met winkeldeeg. Laat dit soos tuisgebakte brood lyk deur dit genoeg te laat rys voor jy die brood bak. Bak dit in ’n gietysterpot vir daai donker korsie soos artisan-brood.

• Niemand hou van skottelgoed was. Kyk by jou naaste partytjiewinkel vir mooi stewige papierborde en papier-eetgerei, dit lyk baie mooi en jy kan dit weggooi (jy kan selfs jou hele tafel ’n papiertema gee).

• Eindig jou Vadersdag-ete met goeie brandewyn wat jy voorsit saam met bitter donkersjokolade en springmielies. Dis baie eenvoudig maar sal sorg vir nog ure se kuier terwyl die son sak.

Wat is op die spyskaart? Lees hier!

Vadersdag Sondagmiddagete Spyskaart

Laai jou spyskaart HIER af.