Kos

Só klits jy eierwitte styf

1ste stadium – skuim

  • ’n lagie skuim vorm bo-op die eierwit, en dis nog heeltemal vloeibaar.

2de stadium – sagte punte

  • Wanneer jy jou klitser uit die bak lig, vorm daar ’n sagte krul. As jy die bak skuins hou, sal die eierwit nog steeds vloei.

3de stadium – stywe punte

  • Die styfgeklopte eierwit sal ’n mooi glans hê en wanneer die klitser uitgelig word, vorm die eierwit ’n stywe punt. As jy die bak skuins hou, sal die eierwit ook nie beweeg nie. Dit is die stadium waar jy nou jou suiker byvoeg as jy meringue maak.