Kos

Spaar só tyd: 5 resepte vir die mikrogolf!

Tyd is deesdae jou grootste bate, meen kenners, en ek stem beslis saam. Omdat daar nie altyd genoeg ure in die dag is vir groot kook nie, kan jy gerus kortpad kies met jou mikrogolfoond.

Jou mikrogolf kan jou beste vriend wees met dié 5 vinnige resepte.

Malvapoeding met roomys & vla

Wie kan nou nee sê vir dié bederf? Die geheim is om die poeding oorgenoeg sous te gee sodra dit uit die mikrogolf kom.
Kry die resep hier

Framboos-en-vanieljekonfyt

Net die idéé van konfytkook gee baie mense ’n angsaanval. Maar in jou mikrogolf is dit vinnig én baie maklik.
Kry die resep hier

Sjokolade-fudge-koek

As jy iemand se hart sag wil maak, bak vir hom of haar ’n sjokoladekoek. Dié resep, kan jy maar weet, sal jou nooit in die steek laat nie!
Kry die resep hier

Bros paprika-tjips

Kuier voor die TV of by jou volgende braai: hierdie tjips is sonder vet en lekker bros. Sit dit voor met goeie mayonnaise. Maak genoeg, want almal gaan vra vir nog!
Kry die resep hier

Pampoen-en-garnaalsop

Die winter hang nog in die lug en wat is daai koue kaggelaande sonder rooiwyn en lekker sop - nog beter as ek dit in my mikrogolf kan maak!
Kry die resep hier