sr1202_hoofkos_8_
Stap vir stap

Bak soos ‘n meester

1. Weeg alle bestanddele af voor jy begin bak om die proses glad te laat verloop.

2. Maak seker die gereedskap staan reg voor jy begin meng. Onthou om ook die oond voor die tyd aan te skakel.

3. Volg die resep stap vir stap en hou by die aanwysings.

4. Nes met kook, is dit baie belangrik dat jy vars bestanddele gebruik.

5. Die baktyd in die resep is “min of meer” 
’n aanduiding. Kyk ná driekwart van die 
baktyd of die gebak nie dalk al gaar is nie, bv. met ’n toetspen.

6
 Plaas gebak altyd in die middel van die oond, want die temperatuur is hier op sy akkuraatste.

  • Ingrid Pretorius

    Daai koek hier bo lyk heerlik. Het julle dalk die resep vir ons?

  • Louise Rossouw

    Dit lyk baie lekker en ook maklik om te maak …………………………….gaan dadelik begin bak
    Baie dankie "SARIE"vir al die lekker resepte was ek (ons) van julle ontvang!

    GROETE
    Louise