Stap vir stap

Blind bak

‘n Mens bak tertdoppe vooraf sonder die vulsel sodat die dop deurgaar en bros kan wees. Om te keer dat die deeg te hoog rys, word die dop (hier is dit ‘n quiche-pan gevoer met uitgerolde deeg) met waspapier gevoer en met droë bone gevul. Dan bak jy dit teen 200 °C vir sowat 20 minute. Die proses word ‘blind bak’ genoem.