sr1308_koek_v_d_maand
Stap vir stap

Vandag is Internasionale Wortelkoekdag!

Vandag vier die wêreld die lekkerte van wortelkoeke!

Herman wys jou stap vir stap in dié video hoe om pynappel-wortelkoek te maak.

Koek

  • 420 g (750 ml) bruismeel
  • 15 ml koeksoda
  • 1 ml sout
  • 250 ml sonneblomolie
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 4 eiers
  • 320 g (750 ml) wortels, gerasper
  • 1 x 440 g-blik pynappelmoes, gedreineer
  • 5 ml kaneel

Versiersel

  • 1 x 250 g-houer gladde maaskaas
  • 80 ml kondensmelk
  • sap en geel skil van 2 suurlemoene
  • fyn kaneel vir oorsif

Versier só

Meng maaskaas, kondensmelk, sap en skil van suurlemoen tot gladde mengsel. Skep mengsel bo-op koek en sif kaneel oor.

Wenk

Bak vir sowat 20 minute as jy ’n kolwyntjiepan gebruik, of tot ’n toetspen skoon uitkom.