skm1005.steak.stk_chips_sous
Stap vir stap

Hoe gaar is my vleis? ‘n Maklike toets

Dié sjefstruuk kan jou help om te toets hoe gaar jou vleis is. Gebruik die dikste deel van jou handpalm, onder jou duim, as ‘n riglyn en vergelyk dit met hoe jou steak voel. Druk op jou hand en dan op die vleis; só stel jy vas hoe gaar dit is. Terwyl jy van (1) tot (5) deur die illustrasies (onder) vorder, sal dié deel van jou handpalm ál fermer voel.

1. Rou vleis (dis nou soos hy van die slagter kom) is die sagste, en wanneer jou hand oop en ontspanne is, is dit hoe rou vleis sal voel.

2. Druk jou wysvinger en duim opmekaar. Die dik deel onder jou duim voel nou effens fermer. Dit is hoe ‘n halfrou (rare) steak voel.

3. Druk nou jou middelvinger en duim opmekaar. Só voel vleis wat mediumrou (medium rare) is.

4. Nou is dit jou ringvinger en duim se beurt. Dit is medium.

5. Vir vleis wat gaar (well done) is, druk jou pinkie en duim opmekaar.

Hoe gaan is my vleis? Toets dit so

  • Charmain

    Dis om te toets hoe gaar is jou vleis.