5-570x741
Stap vir stap

Inkopielysie – spyskaart 15 September

Hier is ‘n gerieflike inkopielysie vir jou spyskaart van 15 September 2014

Patat-en-kerrielensiesop
genoeg vir 6

• 20 ml kerriepoeier
• 60 ml olyfolie
• 2 uie, fyngekap
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 appel, geskil en gerasper
• stuk vars gemmer so groot soos duimnael, fyngerasper
• 800 g (sowat 5) patats, geskil en in blokkies gesny
• 1 x 400 g-blik rooi lensies, gedreineer
• 1 200 ml groente-aftreksel
• 300 ml melk
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 2 crottin-bokmelkkase, gehalveer

Vark-filet met pynappel-bottersous en driebone-slaai

Genoeg vir 4
• 400 g varkfilet
• 100 ml olyfolie
• sap van ½ suurlemoen
• 180 g dun Franse groenbone
• 1 x 410 g-blik botterbone, gedreineer en afgespoel
• 120 g edamamebone, klaar ontpeul en gekook tot sag (opsioneel)

Hoender-satay-slaai

(4 porsies)

  • 1 pak gemengde blaarslaai
  • 4 hoenderborsies (so 90 g elk), geposjeer en in blokkies gesny(sien Slaai-dinge op web)
  • 1 Granny Smith-appel, met skil aan en in blokkies gesny
  • 125 ml pitlose druiwe, gehalveer
  • 100 ml gemengde neute, gerooster

Slaaisous

  • 30 ml suikervrye grondboontjiebotter
  • 45 – 60 ml water
  • 10 ml sojasous
  • 1,5 ml gemaalde gemmer

Italiaanse kouevleis-pastei

Kors
• 500 g (890 ml) koekmeel
• 250 g (270 ml) botter, in blokkies gesny
• 90 ml koue water

Vulsel
• 500 g ricotta-kaas
• 200 g mozzarella-kaas, in blokkies gesny
• 250 g ham, in lang repe gesny
• 140 g salami, in lang repe gesny
• 200 g mortadella, in lang repe gesny (sien bl. 34)
• 100 g parmesaankaas, fyngerasper
• 3 eiers, geklits
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 4 hardgekookte eiers, in skywe gesny

Tuna-en-broccoli-pastagereg

(4 porsies)
porsiegrootte: 1 skep ± 300 g

  • 100 g rou durumkoring-pasta
  • 1½ x 170 g-blik tunastukke in pekelwater (± 225 g gedreineer)
  • 300 g vars of bevrore broccoli, in blommetjies en kleiner stukkie gesny
  • 285 g-blik gesnipperde sampioene, gedreineer
  • 50 ml wituie-soppoeier
  • 125 ml laevetmelk
  • 125 ml kookwater
  • 2 Pro-Vita-volkoringbeskuitjies, gekrummel
  • 5 ml ligte margarien, gesmelt