1kelloggs
Stap vir stap

VIDEO: Maak jou eie kaneel-en-heuning-granola

Krakerige granola in die oggend bly lekker – maak dit self, en dis nóg lekkerder! Die smaak van heuning en kaneel van dié resep is onweerstaanbaar.

kelloggstag

genoeg vir 1 kg 

• 100 g Rice Krispies
• 100 g Corn Flakes
• 100 g All-Bran
• 100 g Special K
• 150 g gemengde neute
• 50 g sesamsade
• 100 g sonneblomsade
• 100 g pampoensade
• 125 ml kanola-olie
• 250 ml heuning
• 50 g bruinsuiker
• 5 ml kaneel

Verhit oond tot 160 ˚C. Meng die ontbytgraan, neute en sade in ’n oondvaste bak.

Plaas olie, heuning, bruinsuiker en kaneel saam met 125 ml water in ’n pot en bring tot kookpunt. Gooi heuningmengsel oor ontbytgraanmengsel en meng deeglik. Versprei in eweredige laag en plaas in oond. Rooster vir 40 – 60 minute of tot goudbruin (roer elke 5 minute deur). Laat in oond afkoel en sit voor saam met jogurt of melk.

JY KAN WEN

Daar’s verskillende maniere waarop jy jou dag reg kan begin. Ons wil weet hoe jy jou en jou gesin wakker en gereed vir die dag kry. Hoe kikker jy jou ontbyttafel op? Laai jou resep op www.shakeupyourwakeup.co.za en kry toegang tot ander Kellogg’s-aanhangers se resepte.

Tot November sal vier mense se lekker resepte met ’n geskenkbewys van R1 000 elk beloon word.

Lees meer oor Kellogg’s se Shake up your wake up-veldtog HIER.

SHakeUp-Digitorial1