kelloggs promo
Stap vir stap

VIDEO: Kraakvars plaatskons op sy beste!

Daar is min dinge wat lekkerder is as kraakvars skons met botter, konfyt, sterk cheddarkaas en geklopte room. En met dié maklike resep kan jy meer gereeld aan warm skons smul. 

kelloggstag

genoeg vir 20 skons

• 750 ml (3 koppies) bruismeel
• 5 ml (1 teelepel) sout
• 125 ml (½ koppie) elk Kellogg’s Corn Flakes en Kellogg’s Rice Krispies
• 60 ml (¼ koppie) suiker
• 2 eiers
• 500 ml (2 koppies) karringmelk
• 60 ml (¼ koppie) olie

Verhit oond tot 190 ˚C. Smeer ’n vel bakpapier. Sif die meel en sout saam. Voeg dan die ontbytvlokkies en suiker by. Klits die eiers, melk en olie saam. Voeg dit by die meelmengsel en meng baie goed. Skep groot lepels van die deegmengsel en plaas dit op die voorbereide bakpapier. Bak vir ongeveer 15 – 20 minute tot gaar en ’n toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en laat op ’n draadrak afkoel. Sit die skons voor met kaas of room.

JY KAN WEN

Daar’s verskillende maniere waarop jy jou dag reg kan begin. Ons wil weet hoe jy jou en jou gesin wakker en gereed vir die dag kry. Hoe kikker jy jou ontbyttafel op? Laai jou resep op www.shakeupyourwakeup.co.za en kry toegang tot ander Kellogg’s-aanhangers se resepte.

Tot November sal vier mense se lekker resepte met ’n geskenkbewys van R1 000 elk beloon word.

Lees meer oor Kellogg’s se Shake up your wake up-veldtog HIER.

SHakeUp-Digitorial1