FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Stap vir stap

Stap vir stap: Herman se sjokoladekoek met ganache

’n Meesterstuk! Ganache, ’n sjokolademengsel wat as sous, vulsel of versiersel gebruik word, is maklik om te maak en laat elke koek soos ’n wenner lyk. Herman wys jou stap vir stap hoe om sy sjokoladekoek met ganache te maak. 

Gerda het ’n variasie van dié koek in vanaand se eerste episode van Koekedoor gebak én die uitdaging daarmee gewen!

Dié handelsmerk-uitbreiding van die gewilde kookprogram Kokkedoor het vandag (12 Maart 2015) om 20:30 op kykNET (DStv kanaal) 144 afgeskop.

Benodighede 

KOEK
600 g (710 ml) suiker
• 195 g (210 ml) botter
• 70 g (175 ml) kakaopoeier
• 410 ml water
• 420 g (750 ml) koekmeel
• 10 ml koeksoda
• 10 ml bakpoeier
• 3 eiers
• 190 ml karringmelk
• 200 g (250 ml) witsuiker
• 250 ml water

GANACHE
• 650 g sjokolade van goeie gehalte, fyngekap
• 500 ml room

Metode

• Verhit oond tot 160 °C.
• Plaas suiker, kakao, botter en water in middelslag-pot en bring tot kookpunt.
• Sif meel, koeksoda, bakpoeier en suiker saam.
• Meng eiers en karringmelk.
• Voeg botter en karringmelkmengsel by droë bestanddele en meng goed.
• Spuit ringkoek-pan met volume van 2 ℓ met kleefwerende kossproei.
• Gooi beslag in pan en bak vir 40 – 45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
• Laat afkoel vir 10 minute en keer uit op afkoelrak.
• Bring suiker en water tot kookpunt en laat afkoel.

Stap vir stap

1. Plaas koek op bord of plank en gooi suikerstroop oor in ’n dun, eweredige straal. Laat koek heeltemal afkoel.

stap 1 koek2.  Plaas fyngekapte sjokolade in skoon mengbak. Bring room tot kookpunt en gooi oor sjokolade. Roer met ’n rubber-deegskraper tot gladde mengsel.

stap 2 koek3.  Gooi mengsel deur skoon sif. Die sif haal alle moontlike lugborrels in die mengsel uit.

stap 3 koek4.  Plaas afgekoelde koek op afkoelrak wat op ’n bakplaat staan. Gooi sjokolademengsel in een vinnige beweging oor die koek. Maak seker die hele koek is bedek. Skraap sjokolade wat in bakplaat lê op en herhaal proses nog twee keer.

stap 4 koek

SIT VOOR

Sodra die ganache gestol het, lig dit versigtig met ’n slaplemmes van die rakkie af en plaas op ’n opdienbord. Rol vars kersies in versiersuiker en sit bo-op. Sit voor.

Wenk: Jy kan die sjokoladekoek tot 2 maande vries omdat daar baie vog in is. Bedek met ganache en plaas in yskas om te stol. Bêre dan in ’n lugdigte houer in jou vrieskas. Ontdooi dit oornag.

Lees ook

Nuwe kykNET-kosreeks Koekedoor begin binnekort

Nagereg | SARIE

Karamel-mousse-koek