sr1207_hoofkos_30_rz
Stap vir stap

VIDEO: Herman maak lepelvol-appeltert

18 – 20 porsies

  • 1 x vanielje-muffinmengsel (sien my gunsteling op bl. 142)
  • 1 x 400 g-blik baba-appels met stingels, gedreineer (sien bl. 142)
  • 1 x 400 ml-blik ingedampte melk
  • 125 ml suiker
  • 5 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 180 °C. Plaas groot nagereg-lepels van jou keuse op ’n bakplaat met die steel wat rus op die rand van die bakplaat sodat die lepel reguit is. Maak helfte van die muffinmengsel volgens die aanwysings op die pakkie aan. Skep lepels ⅔ vol met mengsel. Plaas baba-appel in elkeen. Bak vir 10 – 15 minute of tot goudbruin en gaar. Plaas intussen die res van die bestanddele in ’n middelslagpot en bring tot kookpunt. Haal bakplaat met lepels uit die oond en gooi ’n bietjie sous oor elke lepel. Sit louwarm voor.

  • Nelly

    Your thinking mcatehs mine – great minds think alike!