Stap vir stap

Video: Herman wys hoe om terrienvorm uit te voer

Varkterrien met pistasieneute en bosbessies
genoeg vir 10

  • 250 g strepiespek
  • 800 g varkmaalvleis
  • 60 ml brandewyn
  • 1 ui, fyngekap
  • 15 ml botter
  • 200 ml rooiwyn
  • 250 g kassler-tjops, fyngesny
  • 250 g hoenderlewers
  • 1 takkie roosmaryn, fyngekap
  • 6 salieblare, fyngekap
  • 5 ml neutmuskaat (nutmeg)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g pistasieneute
  • 100 g gedroogde bosbessies (cranberries)

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n broodpan van 35 x 10 cm met kleefplastiek uit. Voer die pan uit met repies spek, wat jy oor die breedte plaas. Hou spek wat oorbly eenkant. Plaas res van bestanddele, behalwe neute en bessies, in voedselverwerker. Verwerk op hoë spoed tot gladde mengsel. Geur goed met sout en peper. Meng neute en bessies by. Skep mengsel in uitgevoerde broodpan. As daar spek oor is, pak dit bo-op. Bedek pan met foelie en plaas in oondbak. Vul bak met warmwater. Plaas in oond en bak vir 90 minute. Haal terrien uit oond en laat in waterbad afkoel. Plaas oornag in yskas. Sit voor met basiliepesto en agurkies.

  • Sonja

    en wat van ons wat nou geen clue wat binne in die terrienvorm moet kom nie. Kon maar die hele resep gewys het. my entosiasme is nou heeltemal daarmee heen

  • SARIE

    Hi Sonja, Ons het spesiaal vir jou ‘n resep bygesit. Lekker kook!