sr1206hoofkos_4_
Stap vir stap

VIDEO: Só vorm jy ‘n ciabatta

Olyf-ciabatta
Ciabatta is daai taai brood met die groot rysgate. Die naam beteken letterlik “pantoffel” en verwys na die vorm van die brood. Vir dié resep gebruik jy ’n elektriese menger.

• 500 g (890 ml) koekmeel
• 500 ml water
• 1 x 10 g-sakkie kitsgis
• 10 ml sout
• 200 g olywe, ontpit en grofgekap
• ekstra koekmeel vir oorsif

Verhit oond tot 220 °C. Plaas al die bestanddele, buiten die olywe, in die bak van ’n elektriese menger.Gebruik die mengspaan (K-Beater) en meng die beslag op die hoogste spoed tot alles in een bal saamkom in die middel van die bak, sowat 10 – 12 minute. Gooi olywe by en meng nog 1 minuut. Maak
bak toe met kleefplastiek en laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 30 minute. Sif ’n dik laag meel op ’n bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Keer die deeg versigtig op die bakplaat uit. Gebruik jou vingerpunte en vorm die deeg in ’n langwerpige brood. Plaas dadelik in
oond en bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar.

WENK
Die deeg is baie loperig en glad nie soos gewone brooddeeg wat jy met ou hand kan knie nie.

  • Patty

    sagt:Hi Nina,klingt interessant. Die Tagging-Funktion habe ich mir noch gar nicht ansehegen. Klingt zwar nach einer Lf6sung aber so wirklich das gelbe vom Ei ist es nicht, wie du schon sagst Und nein, ich habe noch keine Lf6sung gefunden. Werde aber, sobald ich etwas Zeit habe, mal mit den Tags rumspielen Danke ffcr den Tipp.