Kos

Restaurant se gewildste gereg!

Ja daar’s ’n dag wat spesiaal aan die nederige ui oftewel uieringe opgedra word!

Kan jy jou ’n wêreld indink sonder uie? Dis een van die belangrikste geurmiddels as jy kook – en behawel vir die kenmerkende geur, is uie ook veelsydig.

Hier by SARIE vier ons gereeld die lekkerte van uie – en ons argief vol uie-resepte getuig hiervan! Dis moeilik om die beste te kies, maar hier is my vyf gunsteling-resepte.

Die wenner

My persoonlike gunsteling is die uieringe van B’s Restaurant in Hermanus. Dis nie heeltemal ’n uiering soos ons dit ken nie, maar iets soortgelyk wat voorgesit word met roomkaas en soetbrandrissie-sous.

Die restaurant sê dit is een van hul geregte wat die beste verkoop en waarvoor baie mense terugkom.

Screen Shot 2016-06-16 at 10.40.30 AM

FOTO Wilco Den Otter

Hulle resep is hul geheim, maar ons het ’n soortgelyke een gemaak. Dis boonop maklik en die kors is van graanvlokkies! Kry die resep HIER.

Hieronder is nog 4 van my gunstelinge.

Gebraaide-uieringe

Kry die resep hier

Uieringe-bierkors

Kry die resep hier

Uieringe

Kry die resep hier

Brosserige-uie

Kry die resep hier

Lees nou

Maak só met uie

#Koester-kos op sy beste: 3 pasta-geregte vir winter

5 brode vir jou sop (bak in minder as ’n uur!)