FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

Kos

Varkworsies en pere in mosterdsous gebak

Daar is sekere dinge in die lewe waaroor jy nie hoef te dink nie; jy moet dit eenvoudig net doen. Dié varkworsiegereg is een van daardie dinge. Jou gesin sal vir ewig daarvoor vra!

  • 2 uie, in skywe gesny
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 12 varkworsies
  • 4 pere, in kwarte gesny
  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml korrelmosterd
  • 250 ml appelsap
  • 3 takkies tiemie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Plaas uie en knoffel in oondroosterpan. Pak worsies en pere bo-op. Meng olyfolie, mosterd, appelsap en tiemie saam. Gooi oor worsies. Geur goed met sout en peper. Plaas in warm oond en bak 20 – 25 minute of tot die worsies goudbruin en gaar is. Sit warm voor.