Bobotie pastei

Bobotie pastei FOTO Micky Hoyle

Wat eet ons vanaand?

Bobotiepastei

Bobotie-pastei vir voor die TV. Jou mense sal die groot rugby nog meer waardeer met dié smaaklike pasteie.

genoeg vir 2 groot 

Bobotie-pasteie Verhit oond tot 180 °C. Week 2 snye witbrood 10 minute in 125 ml water. Druk vloeistof uit brood en plaas in mengbak. Verhit sowat 40 ml olyfolie in ’n pan en braai 2 gekapte uie tot sag en deurskynend. Voeg 5 ml borrie, 15 ml kerriepoeier en 15 ml fyn appelkooskonfyt by. Meng goed. Laat mengsel afkoel.

Voeg 500 g maalvleis by brood en meng. Voeg uiemengsel by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Meng goed en skep in oondbak van 26 x 7 cm. Bak so 45 minute tot gaar. Laat afkoel. Sny bobotie in 2 groot blokke. Vou bobotiestukke toe in 2 x 400 g-velle blaardeeg. Verf met 1 geklitste eier en plaas lourierblare boop. Plaas op uitgevoerde bakplaat. Bak 30 – 35 minute.

Bobotie pastei

Bobotiepastei
FOTO Micky Hoyle