VIA_FB_Inspirasiekos_pre
Wat eet ons vanaand?

‘Inspirasiekos met SARIE’ se wagyu-resepte (episode 12)

Werner Karg van Oak Valley op Elgin is ’n produsent van wagyu-beesvleis. Herman besoek Werner vandag op sy plaas en kook borsstuk (brisket) met aartappelkoek, beeskortrib gebraai in rooiwyn en roosmaryn-frikkadelle in tamatiesous. Whirlpool deel ook ’n lekker resep vir pangeroosterde biefstuk.

Borsstuk met aartappelkoek                         

Screen Shot 2016-02-08 at 11.26.24 AM

Die inspirasie vir die resep kom van my grootste kos-ikoon, Jamie Oliver – niemand kan ’n brisket gaarmaak soos die Britte nie.

genoeg vir 8 – 10

  • 10 roosmaryntakkies
  • 1 knoffelknol, huisies losgebreek ongeskil
  • 60 ml olyfolie
  • 1 groot wagyu-borsstuk (brisket)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 ml rooiwyn
  • 250 ml beesaftreksel
  • 250 g botter
  • 1,2 kg aartappels, gehalveer en halfgaar
  • 45 ml peperperwortel (horseradish)

Verhit oond tot 180 °C.  Meng die helfte van die roosmaryntakkies, knoffel en olyfolie saam in ’n stamper en vysel. Stamp fyn tot growwe mengsel. Geur bees baie goed met sout en peper. Smeer roosmaryn-mengsel oor vleis en bind drie stukke tou om. Druk oorblywende roosmaryntakkies onder tou in.

Verhit groot oondroosterpan tot warm met bietjie olyfolie en seël snit rondom tot goudbruin. Voeg wyn, aftreksel en botter by. Bring tot kookpunt en plaas in warm oond. Rooster vleis vir sowat 1 uur vir pienk of langer soos jy verkies. Haal uit oond en laat rus vir 10 minute.

Pak helfte van die aartappels in ’n koekpan en smeer peperwortel oor. Pak die ander helfte van die aartappels bo-op en plaas die pan saam met die vleis in die oond. Terwyl die vleis rus, haal die aartappels uit die oond en plaas ’n kombuisdoek bo-oor die pan. Gebruik ’n tweede doek wat jy opbondel. Gebruik die opgebondelde kombuisdoek en druk die aartappels stewig vas om ’n koek te vorm. Keer aartappelkoek uit op opdienbord en sit voor saam met bees.

Beeskortrib gebraai in pinotage

Ek vat kortpad met ’n drukkoker om die vleis lekker sag te kry, maar jy kan dit ook stadig in die oond braai.

genoeg vir 6

  • 60 ml koekmeel
  • 2 kg kort wagyu-beeskortrib (short ribs)
  • 50 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 6 x 6 cm-stukke seldery, in skywe gesny
  • 2 wortels, in klein blokkies gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 vars tiemietakkies
  • 2 lourierblare
  • 1 bottel (750 ml) pinotage
  • 125 ml tamatiepuree
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Gooi koekmeel in mengbak en rol ribbes in meel. Maak seker dis goed bedek. Skud oortollige meel af. Verhit olyfolie in drukkoker. Braai ribbes – nie alles op een slag nie – tot bruin. Hou eenkant.

Voeg ui, seldery, wortel en knoffel in dieselfde kastrol. Braai sowat 10 minute. Plaas vleis terug en voeg tiemie, lourierblare, wyn en tamatiepuree by. Geur met sout en peper. Maak drukkoker toe met deksel en stoom vir 30 minute. Gooi alles oor in oondbraaibak. Plaas in oond vir nog 30 minute of tot goudbruin en bros. Sit voor.

Appelwors

Screen Shot 2016-02-08 at 11.32.41 AM

genoeg vir 30 worsies

  • 1 kg wagyu-maalvleis
  • 5 ml swartpeper
  • 10 ml sout
  • 5 ml droë origanum
  • 15 ml fyn koljander
  • 90 ml witwyn
  • 2 groen appels, fyngerasper
  • 1 ui, fyngekap
  • 30 ml vinkelsaad
  • 1 skoon derm (bestel by jou slagter), geweek in koue water
  • olyfolie vir braai

Plaas al die bestanddele vir die vleismengsel (behalwe die derm en olyfolie) in ’n groot mengbak en meng deeglik deur met skoon, nat hande. Verhit braaipan en braai bietjie van die mengsel tot gaar om te proe of dit geurig genoeg is. Pas aan volgens smaak.

Ryg skoon derm op die tuit van ’n worsmaker en knoop punt stewig toe. Druk mengsel versigtig maar so kompak moontlik in die derm uit. Draai na elke 4 cm van gevulde derm die worsie 6 – 8 keer in die rondte om dit te seël.

Herhaal proses totdat die derm opgebruik is. Trek van tuit af en knoop punt stewig toe. Verhit bietjie olyfolie in ’n pan en braai worsies so 3 – 5 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Sit voor met roomkaas.

whirlpool

Pangeroosterde biefstuk

genoeg vir 4

4

  • 4 steaks
  • 5 ml seesout
  • 5 ml swartpeper
  • olyfolie vir smeer
  • 2 takkies vars roosmaryn
  • 1 knoffelhuisie, geskil en fyngekap
  • 250 g wilde sampioene, gebraai
  • 8 baba-bete
  • 1 hand vol mikro-kruie
  • 1 hand vol granaatpitte

Geur die steaks met sout en peper en smeer in met olyfolie.

1

Verhit botter, roosmaryn en knoffel in ’n swaarboompan tot warm. Sodra dit warm is, plaas steaks in die pan en braai 3 minute aan elke kant.

2Laat rus vir ’n paar minute voor jy dit sny.

3

Sit voor met geroosterde sampioene en beet, en ’n slaai van mikro-kruie en granaatpitte.

4

Whirlpool 6th SENSE-produkte

Maak gebruik van die Whirlpool 6th SENSE-produkte om die perfekte kookresultaat te kry. Of jy jou vleis in ’n Whirlpool-oond, Whirlpool JetChef-mikrogolfoond, of op een van Whirlpool se unieke stowe gaarmaak – jy sal die perfekte kookresultaat kry.

WHIRLPOOL RANGE

 

Lees HIER meer oor die produkte

WP Logo Colour on blank