Feb2016_Sarie-2
Wat eet ons vanaand?

Koue spek-en-spanspek-sop

Dié koue sop is net die regte ding om ’n somerkuier om die tafel af te skop.

genoeg vir 6

  • 45 ml olyfolie
  • 250 g spek, in blokkies gesny
  • 2 groot spanspekke, geskil en
  • grofgekap
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 2 rooi brandrissies, fyngekap
  • 1 groot hand vol koljander
  • 350 ml hoenderaftreksel
  • 80 ml kersie-asyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 ml ongegeurde jogurt
  • 3 ryp perskes, ontpit en in skywe gesny
  • groenertjiespruite vir garnering

Verhit olie in pan en braai spek tot goudbruin en bros, sowat 5 – 10 minute.

Plaas saam met al die bestanddele, behalwe die jogurt en perskes, in ’n

groot bak. Gebruik staafmenger (stick blender) om die mengsel tot gladde

puree te verwerk. Geur goed met sout en peper en plaas in yskas tot baie koud.

Voeg jogurt by en meng deur. Skep in opdienbak en plaas perskeskywe bo-op.

Garneer met groenertjiespruite. Sit voor met parmesaan-broodstokkies.