Foto deur
Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Wat eet ons vanaand?

Oondgebraaide baba-hoender

Gewoonlik word klein babahoenders heel gaargemaak. Ek het dit in porsies gesny, want dit maak dit makliker om te eet.

1. 2 baba-hoenders
2. 8 repe strepiespek (streaky)
3. sowat 80 ml olyfolie
4. sap van 1 suurlemoen
5. 2 knoffelhuisies, fyngekap sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Sny hoendertjies in porsiestukke. Draai 2 stukke spek om elke borsie. Sprinkel helfte van olyfolie in oondbraaibak. Pak hoenderporsies in bak en sprinkel res van olyfolie en suurlemoensap oor. Smeer knoffel oor hoender en geur met sout en peper. Maak bak toe met foelie en plaas in oond.

Verwyder foelie ná 30 minute en bak nog 30 minute tot vel goudbruin en bros is. Haal uit en sprinkel vars basiliekruid bo-oor as jy wil. Sit voor met parmesaankaas-aartappels.