Varkfilet-en-preipastei

FOTO:Micky Hoyle

Wat eet ons vanaand?

Varkfilet-en-preipastei , Pasteie vir voor die TV

Jou mense sal die groot rugby nog meer waardeer met hierdie smaaklike pasteitjies

Hierdie pastei resep is genoeg vir 4 pasteie

Verhit oond tot 180 °C. Sny 400 g varkfilet in blokkies. Verhit 40 ml olyfolie in ’n pan en voeg varkvleis by. Voeg 2 fyngekapte knoffelhuisies by, asook sout en varsgemaalde swartpeper. Braai tot vleis bruin is. Sny 4 baba-preie in skywe en spoel deeglik af. Voeg by vleis en braai tot sag. Voeg 250 ml room by en laat prut tot room verdik. Laat afkoel. Voer 4 groot ramekinbakkies uit met 2 x 400 g-velle blaardeeg. Skep vulsel in bakkies en sny vier sirkels uit deeg. Plaas bo-op en verf met 1 geklitste eier. Versier bo-op met oortollige deeg en verf met res van geklitste eier. Plaas in oond en bak 30 – 35 minute.
Geniet die lekker Varkfilet-en-preipastei.

Pasteie
8-uur-lamskenkel-pasteie
Steak-en-Parmesaankaaspasteie