sk1006volstruis5
Wat eet ons vanaand?

Volstruis-bobotie met gestoofde kwepers

(4 – 6 porsies)

  • 15 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 45 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 15 ml koljander
  • 15 ml gemengde kruie
  • 500 g volstruismaalvleis
  • 125 ml water
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 2 snye witbrood, korsies verwyder
  • 125 ml melk
  • 1 eier
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • lourierblare

Bolaag

  • 2 eiers
  • 50 ml melk

Verhit oond tot 180 ˚C. Maak olyfolie en botter in ‘n groot pan warm. Voeg uie, knoffel, kerrie, borrie, koljander en kruie by. Braai stadig vir sowat 5 minute of tot uie begin verkleur. Voeg maalvleis en water by en roerbraai tot vleis gaar is. Roer appelkooskonfyt by. Week brood in melk. Roer met ‘n vurk fyn en voeg by gaar vleis. Breek eier by en meng goed. Geur goed met
sout en peper. Gooi mengsel in ‘n oondvaste bak van 14 x 24 cm. Meng bestanddele vir bolaag saam en gooi booor. Druk lourierblare in en bak vir sowat 35 – 40 minute of tot gestol. Sit warm voor saam met gestoofde kwepers.

Gestoofde kwepers
(4 porsies) 45 – 60 minute

  • 4 kwepers, gehalveer
  • 2 liter water
  • 800 g (1 000 ml) suiker
  • 2 ster-anyse
  • 1 kaneelstokkie
  • sap van 1 suurlemoen

Meng suiker en water in ‘n pot. Voeg res van bestanddele saam met kwepers by. Bring tot kookpunt en verlaag die hitte tot ‘n stadige prut. Prut vir sowat 45 – 60 minute of tot die kwepers pienk en amper deursigtig raak.

wenk: Ek voeg water by die bobotie omdat volstruisvleis min vet bevat en droog is. Jy kan ook spek bybraai.