Kos

Jou skottelgoedwasser – wat jy móét weet

’n Skottelgoedmasjien is glad nie goedkoop nie. Maar glo my, dis van groot waarde as jy jouself ure lank voor die kombuiswasbak moet afsloof. Hier is ’n paar dinge wat jy moet weet van dié wonderwasser – soos hoe jy sy rakleeftyd kan verleng en wat jy liefs nié in hom moet sit nie.

Maklike stappe om jou skottelgoedwasser skoon te hou:

• Haal die onderste skottelgoedrak uit. Verwyder die prop van die dreineringspyp en verwyder enige kos of vuiligheid wat moontlik vasgevang is. Dit sal dreinering verbeter, doeltreffende skoonmaak verseker en skade aan die skottelgoedwasser voorkom.

• Gooi een keer per week ’n koppie witasyn of bleikmiddel (soos) Jik in die skottelgoedwasser, laat dit vir ’n uur staan en laat dit dan een volle siklus teen ’n hoë temperatuur loop om kieme dood te maak.

 

Moet liefs nie die volgende items in jou skottelgoedmasjien was nie…

Hout-kombuisgereedskap

Enigiets van houtlepels tot planke - die hitte van die masjien laat die hout swel en kan dit selfs laat bars. Die gereedskap is dan meer vatbaar vir bakterieë.

Skerp messe

Skerp messe moet liefs met die hand gewas word om te verhoed dat die hitte en sterk chemikalieë die lemme stomp maak.

Potte en panne van gietyster/koper

Koper/ysterpotte en -panne is nie bedoel vir die skottelgoedwasser nie. Ook nie enigiets met silwer nie, al is dit net op die rand - die silwer sal van kleur verander. Aluminium- en staalpotte kan wel in die masjien gewas word.

Botteltjies met etikette

Die hitte en stoom veroorsaak dat die etikette afval en die los papiertjies kan die dreineringstelsel verstop.

Waardevolle breekware

Sekere items is baie broos en kan maklik breek in die skottelgoedwasser. Dis veiliger om dit versigtig met die hand te was.

Kleefwerende panne en potte

Hoë temperature kan die kleefwerende laag van potte en panne beskadig en so die kleefwerendheid vernietig.

Bron: Foodnetwork.com

 

 

  • Marlizette De Kock

    Waar gooi jy die Jik of wit asyn in?