Kos

MasterChef Australia: die wenner is … en ander geheime

Die jongste reeks van MasterChef Australia het Maandag tot ’n einde gekom met Elena Duggan wat as die wenner gekroon is. Dit was ’n naelbyt episode.

Hier’s ’n paar geheime:

Hulle deel hul resepte!

Al die resepte is beskikbaar op hul webtuiste. Ja, jy't reg gehoor! Al die toetse en resepte van deelnemers is beskikbaar op hul webtuiste.

Kry dit hier hier

Uitdagings is nie presies soos dit vir jou lyk nie

Die tydbeperkings bly dieselfde en sal nie deelnemers beïnvloed nie, maar ná afloop van die vasgestelde tyd word ekstra kamerawerk gedoen om te verseker daar is beeldmateriaal uit al die verskillende hoeke.

Deelnemers op balkon is irriterend

Dié deelnemers se gejuig is soms baie irriterend vir die deelnemers in druk-toetse (pressure tests).

Die kos is koud

Ná elke druk-toets (pressure test) word die geregte in die yskas geplaas en die span kry 'n middagete-blaaskans. Dit verseker regverdige beoordeeling deur te keer dat die beoordeelaars honger is en voorkeur gee aan die eerste gereg wat hulle proe.

Lang dae ...

Die vervaardiging van die reeks is baie tydsaam en een dag se opname kan selfs 17 uur duur.

Die beoordeelaars het hul gunstelinge

Die beoordeelaars het hul voorkeure en in baie gevalle sal hulle ook gunsteling-deelnemers hê. Maar daar word nie gediskrimineer nie.

Spanning in die huis

Soos by elke kompetisie is daar groot druk en deelnemers ervaar baie spanning.

Geen selfone

Die deelnemers se selfone word om verstaanbare redes verbied. Hulle mag wel hul eie resepteboeke in die huis hê en daaruit voorberei.

Bron: The Weekly Review

Waar is die wenners nou? 

Julie Goodwin (2009)

Heading off to the #acra awards, but still flying the flag for @ccmariners . Have a great game tonight!

A photo posted by Julie Goodwin (@_juliegoodwin) on

Sy is die eerste wenner van Masterchef Australia. Deesdae is Julie steeds agter die kookpotte en het verskeie kookboeke al geskryf. Sy het ook haar eie webtuiste, waar heerlike resepte leef. Klik hier.

Adam Liaw (2010)

Dié wenner het sy eie reisprogram, Destination Flavour, op die Australiese netwerk SBS. Adam het reeds 5 kookboeke geskryf. Hy skryf ook gereeld vir die publikasies GoodFoodSunday Life magazine en The Guardian.

Kate Bracks (2011)

FOTO Masterchef Australia

FOTO Masterchef Australia

Dis moeilik om enige nuwe inligting oor Kate te kry. Dié wenner het geen webtuiste en is onaktief op sosiale media. In ’n onderhoud met Central Western Daily, wat in 2014 geskiet hetwou sy haar eie gastehuis oopmaak.

Andy Allen (2012)

Die sjarmante Andy besit sy eie restaurant Three Blue Ducks in Roseberry, Australië

Emma Dean (2013)

Sy is die aanbieder van die Australiese kookprogram My Market Kitchen.

Brent Owens (2014)

Verlede jaar het die wenner sy eie TV-program, Brent Owens Unwrapped…South Africa, in Suid-Afrika geskiet.

Billie McKay (2015)

1111