Twee jaar gelede word ek ontnugter met die nuus, jy moet jou gemeenskapsdiens in Barkly-Oos gaan doen. Waar op aarde is hierdie plek? Na baie trane bevind ek myself in Barkly-Oos, vreemd maar tog voel ek tuis in die dorpie. Almal gons oor die Landbou Expo wat gehou word, so ek besluit om ook te gaan in loer. Ek maak kennis met baie mense, maar soos die meeste boere weet, jong vrouens is skaars in die platteland. Voor ek my kon kry bevind ek myself in 'n kortbroek en plakkies agter op 'n vier wiel motorfiets op 'n pretrit in die omgewing. En daar by een van die waterpunte ontmoet ek vir Tippy (André), aanvanklik het ek gedink hy is bietjie vol van homself, maar tog tussen die modder deur redelik aantreklik en ordentlik. Wat 'n wonderlike ervaring en eerste herhinneringe van die dorpie. Daarna ken ek 'n paar mense en word gereeld genooi na beyeenkomste, muurbal, fietsry, stap en sosiale funksies.

En elke keer is Tippy daar. En is hy toe 'n aangename persoon, en dan laat hy my hartjie nogals vinnig klop. Hy nooi my en 'n paar vriende na Chalumna naby Oos-London. Daar word my droom waar om met 'n perd op 'n ongerepte strand te ry, min wetend dit is waar ons verlowing sal wees. Ses maande later staan Tippy op sy knieë en vra my om te trou, op 'n hemel hoë duin met die perde waar ons myle oor die oseaan kan sien. Die besluit om op Tippy se familie plaas, Rosstrevor, te trou is ideaal, maar waar? Op hierdie gaste plaas het ons in tussen die ou sandsteen melkstal in 'n restaurant omskep. So besluit ons om die skuur agter die Old Dairy restaurant toe te bou en in 'n onthaal area te verander. Dis vier maande, baie werk en min ambagsmanne in Barkly. Op die groot dag beloof ons trou aan mekaar in die sandsteen NG Kerk in die dorp. Die geroeste fiets en sinkplaat in die aanduidings na die stal, waar ons twee perde ons in wag. Stylvolle proteas pronk tussen rose op die tafels en sagte weelde omvou die klipgebou. Hier op Rosstrevor tussen die klowe waar jy moet wees, waar die riviere langsaam kronkel, is die begin van die glukkigste tydperk in ons lewens. Die idilliese troue sal ons nooit vergeet.