"Daar's eintlik baie! Ek dra my grimeersakkie by my met Bobbi Brown Tinted Moisturiser SPF 15 (R345). En een van my gunsteling-lipkleure is M.A.C se So Chaud. Dis helder en laat my dadelik beter voel - veral as ek die dag 'n bietjie vaal voel." - Lisa Cloete, grimeerkunstenaar
"Ek is versot op Maybelline se Define-a-Line Eye Liner in Ebony Black (R94,95). Dit laat dadelik jou oë oper lyk en gee 'n vars voorkoms. Dit kan ook jou dagvoorkoms vinnig opkikker vir die aand." - Maria Ghelakis, groepprodukbestuurder van Maybelline NY en Garnier
![]() |
"Ek verlaat nie die huis sonder om seker te maak Clarins Eau Dynamisante (R440 vir 100 ml EDP) is in my handsak nie. Dis 'n wonderlik opbeurende aromaterapeutiese geur. Hierdie parfuum is nie net natuurlik nie, dit ruik ook vars en bevog jou vel - wat meer wil 'n mens hê?" - Debbie Wolfendale, besturende direkteur van Clarins SA. |
![]() |
"Maak nie saak hoeveel stres die dag bring nie, as ek M.A.C Fix+ (R160) aan my gesig spuit, sien ek weer kans vir als. Dis eintlik bedoel om jou grimering in plek te hou, maar ek gebruik dit ook as verfrisser. Ek dink die komkommerekstrak is die magic!" - Michélle van Breda, SARIE-redakteur |
![]() |
"Ek dra my Dermalogica Soothing Protection Spray (R460) saam met my om vinnig vars te voel en om my vel te kalmeer en te hidreer. Dit help ook om my onderlaag, Dermalogica Treatment Foundation (R465), vars te hou. Dié onderlaag krummel nie en lyk nooit onnatuurlik nie. 'n Tikkie van die onderlaag en sproei gee my weer daardie pas-uit-die-huis-gestap-voorkoms." - Cherie Keating, besturende direkteur van Dermalogica SA |
![]() |
"Ek het Michael Kors (R750 vir 50 ml EDP) nodig om my deur die dag te help. Dis so 'n klassieke geur en niemand ignoreer dit nie. Mense wil altyd weet watter parfuum ek gebruik wanneer ek dit dra. Dit lig my gemoed en laat my dadelik vars voel - selfs al is dit 'n snikhete dag." - Helen Ahrend, nasionale opleier en publisiteitsbeampte van Aramis & Designer Fragrances |
![]() |
"Ek is mal oor L'Oréal Glam Shine 6 Hour Volumizer (R129,95). - Andrissa Ferreira, groepbestuurder van L'Oréal Paris SA |
![]() |
"Ek dra my Estée Lauder Double Wear Concealer in Light Medium (R235) Op 'n besige dag het ek bitter min tyd vir opknap, maar hierdie twee produkte lig dadelik my gemoed. - Leila Marx, nasionale opleidingsbestuurder van Estée Lauder |





































Jou kommentaar