Julia Roberts het onlangs vir die eerste keer die gesig van 'n skoonheidshuis geword. Sy is die gesig van Lanôme se nuwe Hypnôse Precious Cells-maskara (R340). Dié maskara is geïnspireer deur stamsel-navorsing en is beskikbaar vanaf 17 Mei.

Het jy geweet?
■ ’n Nuwe Lancôme-maskaraborsel word spesiaal ontwerp vir elke nuwe formule.
■  In 2008 is 2 miljoen buisies van Lancôme se eerste vibrerende maskara, Oscillation, verkoop.
25 000 Hypnôse-maskaras word daagliks wêreldwyd verkoop.
Twee Lancôme-maskaras word elke sekonde wêreldwyd verkoop.
■ Lancôme is in 1935 deur Armand Petitjean gestig, en die skoonheidshuis vier vanjaar sy 75ste verjaarsdag met die koffietafelboek Lancôme – French Excellence.