"Hormoonveranderinge veroorsaak dat jou borsweefsel minder dig raak - dís die hoofrede waarom dit later afwaarts neig," sê dr. Nerina Wilkinson, plastiese chirurg van Kaapstad. "Namate jy ouer word, vervaardig jou liggaam minder kollageen en die borsligamente rek uit."

Nou is daar 'n nuwe spa-behandeling, spesiaal ontwerp om jou borste nuwe lewe te gee: Mama Mio's Bootcamp for Boobs (R650 vir 1 uur). Die terapeut gebruik spesifieke bewegings en produkte wat die bors- en driekopspiere (triceps) versterk, asook refleksologie wat op die borste se reflekse fokus.

Dié behandeling is beskikbaar in Johannesburg en Kaapstad by ONEwellness-spa's. 'n Kursus van 6 behandelings word aanbeveel.

Besoek www.onewellness.co.za vir meer besonderhede.

Vir nog jonkbly-wenke, lees die nuwe SARIE GESOND, nou op die winkelrakke.