-
Katie Gertze het gesê:
Nathaniel my naam is Katie en omdat vleis nie meer in hierdie maag van my moet in gaan nie sal ek maar probeer jou lensie dieet
Die dokter se ek het n Fatty Liver dit is wat die ultra scan wys
Ek is ook aan die dik kant so dit sal goed wees vir my wat ek wil weet verloor jy rerig gewig
Totsiens
Katie
11de Jun. 2009, 14:44
-
Wilma de Kock het gesê:
Nathaniel ek is 'n GROOT ondersteuner van jou en belowe jou kan nie wag dat jy op 26 Junie weer 'n vertoning in Secunda hou nie.
Ek begin DV Sondag 21 Junie 2009 met die bekende dieet van jou, wat ek baie graag wil weet, ek moet 40kg weggooi, teen Desember 2009 aangesien ek dan op 'n rype ouderdom van 50 in die huwelik tree, hoe is die gewigverlies per week?
Baie dankie
Wilma
19de Jun. 2009, 23:54
-
natacha vercueil het gesê:
Nath's dink maar aan my want as jy kan gaan ek ok, dis nooit te laat om 10kg afteskut na 3 kinders! Ek kon en gaan dit weer doen!!!!!!
20ste Jun. 2009, 14:22
-
Linda de Necker het gesê:
Die probleem met die resep is dat dit so blerrie lekker is. Kan nie genoeg van dit kry nie. Verder wil ek maar net se dat ek maaaaaallll oor jou is. Wanneer kom jy weer Kaap toe???
11de Jul. 2009, 10:24
-
Riana Sinden het gesê:
Klink soos 'n lekker Low GI dieet - perfek vir winter!
21ste Jul. 2009, 13:34
-
Betsie Retief het gesê:
Ek volg al die afgelope 8 maande 'n soortgelyke dieet - soms sonder die lensies en/of bruin rys, maar met BAIE groente (kool, broccoli, tamatie, uie, ens) en het stelselmatig gewig verloor - al eet ek baie in volume. Ek voel dus nooit honger nie. Ek het nou reeds 10kg verloor en pas nou weer heerlik in my no 34-klere. Dit is die moeite werd. Soms eet ek bietjie neute en oor naweke sal ek lekker aan 'n ou vleisie weglê. Dit is belangrik om nie oorhaastig te wees om gewig te verloor nie. Gun jouself tyd, maak hierdie tipe eetgewoonte 'n eetstyl en vergeet van gewig. As jy weer gaan klere koop, sal dit 'n nommer kleiner wees!
21ste Jul. 2009, 14:16
-
Natacha vercueil het gesê:
Ek het mos die dieet so paar weke terug geprobeer- net vir 'n week. Ek het vir 7 dae regtig nie geoortree, ek het in daai tyd 5kg verloor! Glo dit ek het getuies, maar ek het daar van binne die volgende week weer 2kg opgetel. Ek is gelukkig met my lyf ek pas in 'n no 12 maar die centimeters is die probleem. Ek het toe maar begin oefen en dit gaan al beter - die dieet is nie moeilik hou net uit!!
23ste Jul. 2009, 16:21
-
Marisa het gesê:
Ek wil baie graag op die dieet gaan dit klink eintlik lekker, maar wil regtig weet wat is jy onderstel om naastenby te verloor in 'n week/maand as jy volhou. En welldone Natacha!! Het jy dit intussen weer gedoen of nie.
21ste Aug. 2009, 07:58
-
Maryke van SARIE het gesê:
Almal wat Nataniël se lensie-dieet soek....klik gerus op sarie.com/Leef Gesond/My Dieet. As julle sukkel om dit te vind, probeer hierdie direkte skakel:
http://www.sarie.com/lees/artikels/nataniel-se-bruinrys-en-lensie-dieet
2de Sep. 2009, 17:14
-
Willemien Miller het gesê:
Hi nathaniel. Wil net se ek gaan jou dieet probeer vir 2 weke - sukkel om gewig te verloor want ek is op kortisone gereeld vir my asma - moet so tussen 10 - 15kgs verloor. Hoe groot porsie moet jy eet van dit en eet jy dit deur die dag ook? En min of meer hoeveel kgs verloor jy per week met die dieet??
8ste Sep. 2009, 10:51
-
Stephanie Goosen het gesê:
Ek begin nou my derde week met Nathaniel se dieet (al sê hy mens moenie langer as 2 weke daarop wees nie). Dit is so 'n maklike dieet, met die minste moeite. Ek eet smiddae en saans 'n porsie of twee van die rys en lensies, met 'n vrug soggens en vetvrye yogurt in die middag. En natuurlik All Bran vir ontbyt - dis 'n wenner!! Ek begin nou voel dat my broeke effe los sit, en ek is mal oor my plat magie!! Hierdie rys en lensie dieet is 'n treffer ...., want dis ook baie lekker. Ek raak nie moeg daarvoor nie en ek dink dit is waarom ek hierdie keer so gemotiveerd is en die uithouvermoë het. Weer eens, dis maklik en nie eentonig nie ... en lekker.
8ste Sep. 2009, 21:19
-
Nina Vermeulen het gesê:
Hi Julle, kan een van julle asseblief vir my sê of mens net die rys mengsel moet eet, met ander woorde vir breakfast, lunch en dinner? Soveel en so gereeld. Email my asseblief: ninjatoothfairy@yahoo.co.uk
11de Sep. 2009, 16:35
-
Ellie Botha het gesê:
Ek is gaivol vir my lomp lyfie-gan nou dadelik lensies en bruinrys koop.Het onlangs 3 kg verloor,maar dit sit al kla weer op my lyf,want ek raak so honger.Lyk my om 50 te wees is nie grappies nie.Ek hoop eks suksesvol.Sal laat weet.
6de Okt. 2009, 09:45
-
Elizabeth het gesê:
Hi ek is ook net so moeg om VET te wees, ek klim vanoggend op die skaal en my heledag is om gekrap. ek het 3kg opgetel.Nataniel ek gaan defnintief die sommer van vanaand af probeer, maar se my asseblief hoeveel gewig behoort ek te verloor in 'n week , en ek doen ook action netbal op 1keer 'n week,dankie
12de Okt. 2009, 15:54
-
Cecelia Mutlow het gesê:
Nataniël, Jy is die mees interessantste mens op aarde - ek dink jy is wonderlik, aantreklik en net stunning vir woorde. Ek bewonder jou
groete
Cecelia
21ste Okt. 2009, 09:30
-
Heleen het gesê:
Dit was n koue winter in die Kaap, en ek het my dood gevreet! Ek haat dit om te dieet, maar die bruinrys en lensie dieet gaan ek probeer. As dit vir
Nataniel werk hoekom nie vir my nie? Nataniel jy is my inspirasie.
21ste Okt. 2009, 16:35
-
Vicky het gesê:
Is die dieet vir middag ete of aand ete. Wat eet ek die res van die dag? will ten minste 3kg verloor.
25ste Okt. 2009, 10:49
-
Lou het gesê:
Ek het noooooit gedink ek sal die woord dieet vir myself hoef te gebuik nie. Ek was nog altyd maer, maar vandat 45 my getref het, het die selluliet net oral begin uitpop. Sal die dieet daarvoor ook help?
17de Nov. 2009, 14:07
-
Sandra het gesê:
Hi daar
Ek het vandag met die lensie dieet begin. Hoeveel mag jy op nslag eet en hoeveel in totaal per dag?????
17de Jan. 2010, 20:59
-
Marianna het gesê:
Ek wil graag weet: die basis pot (resep hierbo)is seker nie net vir een dag nie?
Ek wil graag weet mag ons vrugte tussenin eet; of net by lensie dis hou?
Baie Danki
18de Jan. 2010, 19:25
-
Alta het gesê:
Ek wil ook graag weet hoeveel en hoeveel keer op 'n dag moet jy van dit eet.
4de Feb. 2010, 08:50
-
Sarah Berry het gesê:
Ek en my skoondogter gaan die dieet probeer.Ek glo dit gaan werk, dit
klink sommer lekker.
Sarah & Estelle
10de Feb. 2010, 15:22
-
madeleine het gesê:
Hi
Na vele diete het ek besluit om jou dieet te volg. Ek onthou my skoonma het jar terug vreeslik gewig verloor met jou dieet. Ek neem aan dat die resep net vir een dag is en dan voeg jy natuurlik elke dag iets anders by [van dag 1 to 7]? So jy moet elke dag vir jou maar jou bruin rys en lensies kook. Wel ekt my goedjies gaan koop en more begin ek! dankie natahiel. Laat weet my asb of ek dit reg lees.
14de Mar. 2010, 11:59
-
Amanda het gesê:
Graag wil ek ook met die dieet begin maar wil net weet die resep hierbo genoem is dit net vir die dag se inname. Graag wil ek ook net hoeveel gewig n mens in die twee weke kan verloor as jy dit streng volg.
Dankie
15de Mar. 2010, 13:51
-
Zenobia het gesê:
Ek het ook vanoggend met die dieet begin,maar wil ook graag weet hoeveel van die mengsel moet ek eet per dag met ander woorde kook ek elke dag so mengsel en voeg die res net by,of is dit die week se rys en lensie mengsel,asseblief laat my weet ek wil nie dieet op mors want ek het skoonsus ook oorreed om saam te doen.Baie dankie,Zenobia
29ste Mar. 2010, 10:32
-
Lydia van SARIE het gesê:
Die basis is 'n dag se kos. Daarby roer jy elke dag iets anders by.(Kies van dag 1 tot 7). Dis al wat jy die hele dag eet. En nee, geen vrugte tussenin nie. Nie All Bran nie. Nie jogurt nie. Net dit wat die dieet sê. Jy kan dit egter net 2 weke lank volg. Dit het te min van belangrike voedingstowwe -- juis dit wat jou metabolisme in topversnelling laat werk. In SARIE GESOND, nou op die winkelrak, omskep 'n dieetkundige Nataniël se rys-en-lensie-dieet in 'n eetplan wat jy so lank as wat jy wil kan volg. Jy kan tot 10% van jou gewig verloor as jy dié nuwe eetplan ses maande lank volg (as jy 60 kg weeg, is dit 6 kg). Probeer dit!
Selluliet: As jy baie selluliet het gaan dit beter lyk as jy baie gewig verloor, maar jy gaan nooit heeltemal daarvan ontslae raak nie. (Sien die dieet en oefenplan spesifiek vir selluliet elders op sarie.com).
29ste Mar. 2010, 17:50
-
alida pieterse het gesê:
Ek het al my oë uitgekyk vir Sarie Gesond maar kan dit nie kry nie. (Is in Centurion woonagtig) Het ook Nataniël se dieet beproef, maar die hoeveelheid wat gekook moet word, is heeltemal te veel vir my vir net 1 dag. Mens word gladnie honger nie. Die probleem is mens tel die gewig gou weer op en daarom wil ek graag die verbeterde een probeer.
Is dit moontlik dat julle my kan laat weet waar in Centurion kan ek Sarie Gesond te koop kry?
5de Apr. 2010, 11:40
-
Lydia van SARIE het gesê:
SARIE GESOND is tot einde April by al die gewone plekke beskikbaar, behalwe Woolworths.
Vra bv. by Clicks of daar nog een in die stoor is. Of by PicknPay. Laat weet as jy dit glad nie erens kan kry nie, dan maak ons 'n plan.
5de Apr. 2010, 11:54
-
Magda Kruger het gesê:
Ek kon nooit gewig afskud na my 50 nie. Ek het koffie na 2 koppies verminder en drink rooibos tee en water. Eet Low gi kosse, slaaie. In die oggend eet ek oats pap wat baie goed is. Eet hoender en vis bederf een keer 'n week my met 'n T Bone. Eet my groente en vleis in die middae. In die aand eet ek iets soos sop, 'n broodtjie en 'n vrug. Mushrooms met laevet kaas ook baie lekker en vullend. Ek eet 6 keer 'n dag en voel nie honger. Belangrik dat jou bloedsuiker vlakke stabiel moet wees. Vermy soetigheid,ek suig een klein sweetie ipv 'n hele groot lekker. Dit is beter om in die dag goed te eet en minder in die aand. Ek is nou amper 2 maande besig en het al 6kg afgeval. Ek stap ook tussen in. Ek eet baie maar reg en tog verloor ek gewig. Was by my dieetkundige. Ek dank haar.
24ste Mei. 2010, 09:53
-
Rene het gesê:
Ek werk op die oomblik in die buiteland, maar kom kuier in Julie in SA. Aangesien Sarie Gesond dan al van die rak is, kan ek 'n kopie van julle af bestel?
13de Jun. 2010, 17:54
-
Mariska het gesê:
Die dieet sê niks van ontbyt of aandetes nie, of is dit dit wat jy eet vir elke ete?
28ste Jun. 2010, 10:30
-
Lydia van SARIE het gesê:
Rene: Sekerlik, ek het gevra dat die regte mense jou kontak.
Mariska: Dis die hele dag se kos, ja. Ontbyt, middag- en aandete.
28ste Jun. 2010, 11:01
-
Lynette de Klerk het gesê:
Ek het ook met Nataniel se dieet begin - dit is werklik heerlik!!! veral met die dae wat jy ander groentes kan byvoeg wat die smaak weer anders maak. Ek wil net weet hoeveel kilojules bevat 100gram hiervan??
29ste Jun. 2010, 11:13
-
Nina het gesê:
Hi almal, kan iemand my asseblief se hoeveel gewig mens in die 2 weke kan verloor? Ekt gelees Nataniel het 20kgs verloor op hierdie dieet, maar mens weet nie vir hoe lank hy dit gedoen het nie. Hoop iemand sal kan help, ek begin more met die dieet.
4de Jul. 2010, 22:55
-
Karin het gesê:
Het van die dieet gehoor by 'n vriendin. Sy's nou al 3 weke daarop en sy lyk soooo-o goed. Ek't ook besluit om te probeer. Sal jul laat weet, hoor.
15de Jul. 2010, 09:34