Daar is hoop teen selluliet! Somer bring nuwe lus vir die lewe. Selfs vir jou somerlyf is daar 'n nuwe begin. In die November-uitgawe van SARIE wys skoonheidsredakteur, Mariska van Rooyen, 'n paar produkte teen selluliet. Plus: Daar is 'n eet- en oefenplan spesiaal deur kenners vir jou opgestel
SARIE se redaksie het óók 3 nuwe sellulietrome op die proef gestel:
"Saam met Clarins High Definition Body Lift (R460) word Clarins Self-Massage Body Contouring Method aanbeveel. Met dié masseertegniek duur dit net lank om aan te wend, sowat 15 minute. Ek het beslis 'n verskil agtergekom dadelik ná aanwending (dit het so 'n koue gevoel): My vel het fermer en my bene ligter voorgekom, aangesien die room help met die natuurlike dreinering van oortollige olies. Ek kon nog nie sien of die selluliet verminder het nie, maar my vel lyk beslis gladder." - Odette Peiser

![]() |
"Ek het Nivea Good-bye Cellulite (R99,99) |
![]() |
![]() |
"Ek het elke oggend en die meeste aande RoC Retinol Anti-Cellulite Intensive (R315) aangesmeer. Die eerste ding wat ek van die begin af opgemerk het, is dat my vel fantasties sag en ferm is. Dit het bly verbeter, maar die dimpel-effek is nog daar. Die room absorbeer vinnig, so jy kan dadelik aantrek. Dit ruik ook heerlik." - Hanri Gerischer |
![]() |

































