Hulle is beeldskoon: vlekkelose vel, mooi wangbene, donker oë en volronde lippe. Hulle is top-modelle, en daar's 'n rede waarom hulle op al wat 'n loopplank is, pronk.

Maar het jy al ooit gewonder hoe hulle sonder die hulp van die poeierkwas lyk? Wel, Harper's Bazaar het gaan uitvind. Agt top-modelle het sonder 'n sweempie grimering voor Peter Lindbergh se lens verskyn.

Klik op Harpers' Bazaar se webtuiste om te sien hoe Amber Valletta, Shalom Harlow, Kristen McMenamy, Helena Christensen, Nadja Auermann, Cindy Crawford, Claudia Schiffer en Tatjana Patitz lyk voor hulle saans gaan slaap.

Voormalige mej. SA, Claudia Henkel, se skoonheidsgeheime.

Onthou ...

In die September-uitgawe van SARIE vertel 10 top- plaaslike modelle hoe hulle binne 5 minute mooi lyk - wenke wat vir jou óók sal werk.